Tem­pu­ra-groen­bo­ne met ris­sie­ma­yon­nai­se

Weg! Platteland - - KOMBUISTUIN -

’n Mens kan dees­dae by ver­skeie su­per­mark­te tem­pu­ra­meel koop – selfs die glu­ten­vrye soort – maar hoe­kom pro­beer jy dit nie self maak nie? Dié hap­pies is net so lek­ker soos aar­tap­pel­tjips, maar heel­wat ge­son­der. Sit dit voor as ’n ta­pa­hap­pie met die ris­sie­ma­yon­nai­se, of saam met ’n bur­ger of s­te­ak in die plek van tjips.

Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10 mi­nu­te

JY BE­NO­DIG

• o­lie vir diep­braai • 250 g groen­bo­ne, punt­jies af­ge­sny

VIR DIE TEMPURABESLAG • 1 kop­pie (250 ml) koek­meel • ¾ kop­pie (180 ml) mie­lie­blom • 1 tee­le­pel (5 ml) bak­poei­er • 1 kop­pie (250 ml) ys­koue so­da­wa­ter

VIR DIE RIS­SIE­MA­YON­NAI­SE • 1 kop­pie (250 ml) ma­yon­nai­se • 50 ml s­ri­ra­cha­sous • se­sam­saad om voor te sit

SÓ MAAK JY

Ver­hit die o­lie in ’n diep pan oor hoë hit­te ter­wyl jy die tempurabeslag meng.

Maak die tempurabeslag Gooi die meel, mie­lie­blom en bak­poei­er in ’n meng­bak, voeg die so­da­wa­ter by en roer dit tot­dat dit ’n glad­de be­slag vorm. Doop die groen­bo­ne vin­nig in die be­slag en diep­braai dit tot goud­bruin. Maak die ris­sie­ma­yon­nai­se Meng die be­stand­de­le vir die ma­yon­nai­se en sit dit voor saam met die tem­pu­ra-groen­bo­ne. S­prin­kel se­sam­saad oor vir ek­stra lek­ker­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.