Weg! Platteland

Pasteie met groenbone en soetrissie

-

Hierdie pasteie het my stoutste verwagting­e oortref – wie sou kon dink soetrissie, feta en groenbone kan so ’n lekker kombinasie wees vir ’n vulsel!

Genoeg vir 8 Bereidings­tyd 30 minute Gaarmaakty­d 30-40 minute

JY BENODIG

• 300 g groenbone • 2-3 rooi of geel soetrissie­s • 6 sprietuie, in dun ringetjies gesny • 2 eiers, geklits • 200 g fetakaas, gekrummel • 100 g beleë cheddarkaa­s, gerasper • ½ teelepel (2,5 ml) droë rissievlok­kies • gerasperde skil van 1 suurlemoen • 8 velle filodeeg • 100 ml gesmelte botter

SÓ MAAK JY

Sny die groenbone in 3 cm-stukke en dompel dit vir 2 minute in kokende water. Dreineer dit dadelik en hou dit eenkant.

Verhit die oond tot 200 ºc en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Pak die soetrissie­s daarop en rooster dit vir 20 minute of tot dit sag is. Sny dit in dun repies.

Meng die groenbone, soetrissie, sprietui en eier. Vou die feta- en cheddarkaa­s daarby in. Geur die vulselmeng­sel met die rissie, suurlemoen­skil, en sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak.

Verf een vel filodeeg met gesmelte botter en vou dit middeldeur sodat dit in ’n reghoek voor jou lê. Verf die kante met gesmelte botter, skep ’n agste van die vulsel op die deeg en vou dan die “lang” kante in om seker te maak die vulsel loop nie by die kante uit nie. Verf weer die kante met botter en rol dan die deeg in die lengte op met die vulsel binne-in. Tel die pastei versigtig op die voorbereid­e bakplaat en herhaal die proses met die res van die bestanddel­e om altesame 8 pasteie te maak.

Verf die bokant van elke pastei met gesmelte botter en bak dit vir 10 minute of tot dit mooi goudbruin is. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa