Weg! Platteland

Soutige kekerertji­eplaatkoek­ies met groenbone

-

Kekerertji­emeel word dikwels onder die naam “chana flour” verkoop. Dit is ’n baie smaaklike, gesonde en boonop glutenvrye manier om ’n ete met plantprote­ïen te verryk.

Genoeg vir 2 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 10 minute

JY BENODIG

• 1 koppie (250 ml) kekerertji­emeel • 2 eetlepels (30 ml) vlassaadme­el

( flax seed flour, opsioneel) • 2 teelepels (10 ml) bakpoeier • 1 teelepel (5 ml) sout • 1 teelepel (5 ml) borrie • 3 klein sprietuie, diagonaal in

skyfies gesny • 2 klein knoffelhui­sies, fyngedruk • 2 teelepels (10 ml) uiesaad • 2 teelepels (10 ml) heel mosterdsaa­d • 3 eetlepels (45 ml) olie vir braai • 150 g Franse groenboont­jies, in dun

repies gesny

OM VOOR TE SIT • skyfies of wiggies vars lemmetjie • jogurt of roomkaas gegeur met knoffel • Indiese piekels en atjars

SÓ MAAK JY

Meng die kekerertji­e- en vlassaadme­el, bakpoeier, sout en borrie in ’n bak en voeg genoeg water by tot die mengsel soos plaatkoeki­ebeslag lyk. Roer dan die sprietuie, knoffel en uie- en mosterdsaa­d by.

Verhit die olie in ’n pan of braaipan en skep lepels vol deeg in die pan. Sprinkel die groenbone oor die rou beslag in die pan. Draai ná 3 minute die plaatkoeki­es om en braai die ander kant ook vir 2-3 minute tot dit deurgaar is.

Sit die plaatkoeki­es dadelik voor met lemmetjies­kyfies, roomkaas of jogurt en Indiese piekels en atjars.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa