Ge­vul­de pi­kant­ris­sies

Weg! Platteland - - KOMBUISTUIN -

Hier­die hap­pies werk goed as voor­ge­reg of ta­pas. Om­dat dit nie gaar­ge­maak word nie, kan jy dit die dag voor die ete al maak.

Ge­noeg vir 6 Be­rei­dings­tyd 20 mi­nu­te

JY BE­NO­DIG

• 100 g den­ne­pit­te • 300 g sag­te bok­melk­kaas (che­v­in) • ge­ras­per­de s­kil en sap van

2 suur­le­moe­ne • 2 eet­le­pels (30 ml) vars ment­bla­re,

fyn­ge­kap • 400 g pi­kant­ris­sies ( pep­pa­dews) • ment- en mi­kro­blaar­tjies om voor te sit • sout­be­skuit­jies om voor te sit

SO MAAK JY

Roos­ter die den­ne­pit­te in ’n droë pan tot goud­bruin – hou dit fyn dop en roer of skud die pan el­ke paar se­kon­des so­dat dit nie te don­ker raak nie.

Meng die kaas, suur­le­moen­skil en -sap, ment­bla­re en den­ne­pit­te saam in ’n meng­bak tot dit ’n glad­de meng­sel vorm. Proe en geur dit na smaak met see­sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per.

Skep die bok­melk­kaas­vul­sel in ’n spuit­sak met ’n breë punt en spuit van die meng­sel in el­ke pi­kant­ris­sie.

Pak die pi­kant­ris­sies op ’n op­dien­bord, be­dek dit met kleef­plas­tiek en hou dit in die ys­kas. Ras­per net voor op­die­ning nog suur­le­moen­skil oor, gar­neer dit met men­ten mi­kro­blaar­tjies en sit dit voor met ’n ver­skei­den­heid sout­be­skuit­jies. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.