Weg! Platteland

Lamstjops met jogurt en harissa

-

Hierdie resep werk baie goed vir ordentlike skaaptjops – lekker dik gesny mét ’n stewige lagie vet. Die jogurt sorg dat die vleis doeksag braai en die harissa is propvol geur. Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute plus marineerty­d oornag Braaityd 15 minute

JY BENODIG

• 12 lamstjops

VIR DIE MARINADE • 300 ml Griekse jogurt • 30 g vars koljanderb­lare, fyngekap • 4 knoffelhui­sies, fyngedruk • 3 eetlepels (45 ml) harissasme­er • gerasperde skil van 1½ suurlemoen

SÓ MAAK JY

Meng al die bestanddel­e vir die marinade saam. Giet dit oor die tjops in ’n oondbak en laat dit oornag marineer. As jou tyd skraps is, sal 1-2 uur genoeg wees om die vleis lekker sag te maak met die jogurt.

Haal die vleis betyds uit die yskas sodat dit kamertempe­ratuur is teen die tyd dat jy begin braai.

Kry jou vuurtjie aan die gang, skep die tjops uit die marinade (dié kan jy weggooi) en braai dit dan oor matige kole. Ek hou daarvan om die lamstjops styf teen mekaar te laat regop staan op die rooster met die vetkant na onder. Sodra die vet begin uitbraai, kan jy die tjops gewoonweg verder braai vir ongeveer 4 minute aan elke kant. Laat rus die tjops vir 10 minute eenkant onder ’n stuk los foelie voor jy dit voorsit. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa