Weg! Platteland

Oosterse ribbetjies

-

Die Oosterse geure werk uitstekend saam met die soet, taai varkvleis wanneer dit op die braai karamellis­eer.

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 2½-3 uur

JY BENODIG

• 1 varkribbet­jie van 1,5 kg

VIR DIE SOUS • gerasperde skil en sap van 1 lemoen • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen • 5 eetlepels (75 ml) heuning • ¼ koppie (60 ml) tamatiesou­s • 4 knoffelhui­sies, fyngeraspe­r • 1 stuk gemmer van 2 cm, fyngeraspe­r • ¼ koppie (60 ml) teriyakiso­us • 2 teelepels (10 ml) droë rissievlok­kies • 1 teelepel (5 ml) fyn kaneel • 2 teelepels (10 ml) fyn komyn

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 150 ºc. Meng al die bestanddel­e vir die sous saam. Sit die ribbetjie in ’n oondvaste bak en giet die helfte van die sous oor (hou die res van die sous in die yskas). Bedek die oondbak met foelie en bak die vleis vir 2 uur.

Haal die ribbetjie uit die oond en sit dit in die yskas sodra dit effens afgekoel het. (Jy kan die resep tot en met hierdie stap die dag vooraf doen.)

Maak ’n vuur, haal die ribbetjie uit die yskas en laat dit kamertempe­ratuur bereik voor jy dit vir 30-35 minute stadig oor matige kole braai. Verf die ribbetjie elke 10 minute met die res van die sous totdat dit bros en die sous lekker taai is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa