Weg! Platteland

Halloumi-panzanella

-

Panzanella is ’n Italiaanse slaai wat grootliks uit brood en tamatie bestaan. Hierdie weergawe kan jy voor die tyd maak, maar dit is beter om die halloumi te braai net voordat jy dit gaan voorsit.

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 20 minute

JY BENODIG

• 1 rooiui • 1 koppie (250 ml) witasyn • 3 eetlepels (45 ml) suiker • 2 teelepels (10 ml) heel komynsaad • 2 teelepels (10 ml) heel koljanders­aad • 1 teelepel (5 ml) droë rissievlok­kies • ¼ koppie (60 ml) olyfolie plus ekstra

om te braai • 5 snye suurdeegbr­ood • 500 g halloumika­as • 600 g kersietama­ties in verskillen­de

kleure, middeldeur gesny • 1 komkommer, in die lengte middeldeur

en in skyfies gesny • 20 g vars mentblare • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen

SÓ MAAK JY

Sny die ui in dun ringe. Verhit die asyn en los die suiker daarin op. Gooi die warm asyn oor die ui en laat dit eenkant staan.

Rooster die speserye vir ’n paar minute in ’n droë pan tot geurig. Gooi die olyfolie in die warm pan, haal dit dadelik van die plaat af en hou dit eenkant.

Rooster die brood tot bros. Sny die halloumi in die breedte in repe van ongeveer 5 mm dik. Verhit ’n skeut olie in ’n kleefweren­de pan en braai die halloumire­pe daarin tot mooi goudbruin en bros.

Rangskik die tamatie, komkommer en mentblare op ’n opdienbord. Dreineer die ui en rangskik dit bo-op die tamaties. Breek die geroosterd­e brood in stukkies en rangskik dit bo-op die slaai.

Voeg die suurlemoen­sap en -skil by die pan met die speserye en olyfolie, en drup dit dan oor die slaai.

Rangskik laastens die warm halloumivi­ngers op die slaai en sit dit dadelik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa