Weg! Platteland

Bros spesery-aartappels

-

Bakaartapp­els kry sommer ’n nuwe baadjie met bros speserye en ’n heerlike koel jogurtsous.

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 40 minute

JY BENODIG

• 500 g groot wasagtige aartappels • 6 eetlepels (90 ml) avokado- of

sonneblomo­lie • 6 knoffelhui­sies, in dun skyfies gesny • gerasperde skil van 1 suurlemoen • 1 eetlepel (15 ml) komynsaad • 1 eetlepel (15 ml) droë rissievlok­kies • 1 eetlepel (15 ml) swartpeper

VIR DIE BORRIEJOGU­RTSOUS • 1 koppie (250 ml) Griekse jogurt • 2 eetlepels (30 ml) olyfolie • 1 stuk vars borrie van 3 cm, fyngeraspe­r (of gebruik ½ teelepel – 2,5 ml – droë borrie)

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 200 ºc. Sny die aartappels in die lengte in kwarte en kook dit vir 10 minute totdat dit net-net begin gaar word. Dreineer dit deeglik en rangskik dit op ’n bakplaat. Sprinkel 4 eetlepels (60 ml) olie oor die aartappels en bak dit vir 30 minute tot dit bruin en bros is – draai dit halfpaddeu­r om.

Maak die borriejogu­rtsous deur al die bestanddel­e daarvoor saam te meng. Geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper.

Sprinkel die orige 2 eetlepels (30 ml) olie, knoffel, suurlemoen­skil, komynsaad, rissievlok­kies en swartpeper oor die aartappels en rooster dit vir nog 5-10 minute tot dit mooi bros en geurig is. Roer dit halfpad deur. Sit die warm aartappels voor met die borriejogu­rtsous daarby. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa