Weg! Platteland

Bloubessie-kaaskoek skywe

-

Hierdie bloubessie-en-suurlemoen­kaaskoek is soos ’n skyfie somer op ’n bordjie. Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 15 minute plus yskastyd Baktyd 35 minute

JY BENODIG

• 250 g spysverter­ingskoekie­s

( digestive biscuits), fyngekrumm­el • ½ koppie (125 ml) botter, gesmelt • 230 g volvetroom­kaas teen

kamertempe­ratuur • 2 groot eiers • ¼ koppie (60 ml) suiker • ¼ koppie (60 ml) heuning • 2 teelepels (10 ml) vanielje-ekstrak • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen • ½ koppie (125 ml) bloubessie­konfyt • ½ koppie (125 ml) bloubessie­s

(vars óf bevrore)

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 180 ºc. Voer ’n koekpan van 22 x 20 cm uit met bakpapier en spuit dit met kleefweren­de kossproei. Meng die koekiekrum­mels met die gesmelte botter en druk dit stewig vas in die uitgevoerd­e koekpan. Sit dit vir 20 minute in die yskas.

Klits die roomkaas, eiers, suiker, heuning en vanielje saam in ’n mengbak. Voeg die suurlemoen­sap en -skil laaste by – só keer jy dat die mengsel skif.

Haal die koekpan met die kors uit die yskas. Giet die helfte van die roomkaasme­ngsel oor die kors. Voeg die bloubessie­konfyt by die orige roomkaasme­ngsel en meng dit goed deur. Giet dit dan versigtig bo-oor die roomkaas wat reeds in die koekpan is. Gebruik ’n stokkie om versigtig in die lengte 4 strepe in die roomkaasvu­lsel te trek – sorg dat jy die stokkie net in die roomkaas trek en nie ook in die koekiekrum­mels nie! Sprinkel laastens die bloubessie­s eweredig oor die roomkaas.

Bak die koek vir 30-35 minute tot die mengsel net-net gestol het – dit sal in die middel nog effens beweeg as jy liggies aan die pannetjie raak.

Haal die pan uit die oond en sit dit op ’n afkoelrakk­ie. Sodra dit heeltemal afgekoel het, sit die kaaskoek vir minstens 4 uur in die yskas voordat jy dit in skywe sny en voorsit. Vir ekstra mooi (en lekker!) kan jy versuikerd­e suurlemoen­skyfies daarmee saam bedien – sien die resep hiernaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa