Laat ’n mens dink
Selfs op klein plekkies is mense vasgenael aan hulle “swart spieël”... pasop!
Selfs mense in die mees afgeleë dorpies is deesdae met die res van die wêreld verbind – en heeltemal afhanklik van hulle selfoon. Dis bykans onmoontlik om nié digitaal by te bly nie, maar dit beïnvloed tog ons maatskaplike én emosionele welstand, sê Dion Chang.
Is jy moeg vir die afjakke wat deesdae al hoe meer kop uitsteek – dis nou as iemand vir ’n oomblik van jou vergeet om gou op ’n boodskap op sy of haar selfoon te reageer óf, nog erger, in ’n diep, donker sosialemediagat verdwyn? Die Engelse het ’n woord daarvoor: “phubbing”. ( In Afrikaans sou ons ditseker ’n “fafjak” konnoem, maar gelukkig kan ons sonder sulke onsinnige woorde klaarkom. –Reds.) Die meeste mense is skuldig daaraan en almal van ons is al ge-“phub”: deur kollegas, vriende, eggenote en – as jy ’n ouer is – veral jou kinders.
Ons “swart spieëls”, die woord vir slimfone wat in die Netflix-reeks
Blackmirror opduik, het onlosmaaklik deel geword van ons bestaan, en hoe meer apps jy op jou foon aflaai, hoe dieper word jy in die digitale swart gat ingetrek. As jy digitaal bybly, betaal jy ’n duur prys – wat jou maatskaplike én emosionele welstand betref.
Ek hou die afgelope vier jaar al digitale verslawing dop, en in daardie tyd het die nuanses en onderstrominge van ons digitale lewe komplekser geword. Die konsep van ’n digitale detoks is nie meer so eenvoudig as wat dit klink nie, want werk (daardie nimmereindigende hamsterwieletjie wat e-pos genoem word) en speel (die parallelle heelal van sosiale media) skuil albei in daardie swart spieël. Al wat die twee skei, is ’n tik van jou vinger op ’n app-ikoon.
Ek sê al baie jare die onbedoelde gevolg van digitalisering is dat ons nou 12 maande se werk binne 6 maande doen, en daardie halfjaar-blaaskans wat voorheen as ’n luukse beskou is, het nou noodsaaklik geword. Deesdae is ek selfs ’n voorstander van kwartaallikse blaaskanse, want as jy dit nié vat nie, gaan jy hygend en verslaan by die jaar se eindstreep aangekruip kom. Die digitale era is nie vir sissies nie. Dit is dus geen verrassing nie dat die welstandsbedryf wêreldwyd uit sy nate bars. Dit gaan nie net meer daaroor om fisiek fiks te bly nie, maar ook oor ’n holistiese benadering tot jou emosionele welstand – en daarvoor kan ons die lewe voor die swart spieël bedank.
Maatskappye reg oor die wêreld begin dít insien en verhoog hulle werknemers se gesondheidsvoordele. Dit sluit in nuwe maatskappyreëls wat mense toelaat om werkverwante oproepe of e-posse te ignoreer sodra hulle uitgeklok het. Party maatskappye laat jou selfs toe om alle e-posse uit te vee wat ingestroom het terwyl jy met vakansie was – my persoonlike gunsteling!
Vroeër vanjaar is ’n wetsontwerp in Frankryk aanvaar waarvolgens selfone in skole verbied word – dit mag slegs vir opvoedkundige doeleindes gebruik word. Onderwysers pleit lankal vir dié verbod – nie net omdat fone leerlinge se aandag aflei in die klas nie, maar ook om kinders teen ongewenste inhoud (soos pornografie en geweld) én kuberboelies te beskerm. Elke skool mag self besluit hoe die verbod toegepas word.
DIT BRING MY BY die moeilike verhouding tussen ouers, hulle kinders en die digitale lewe. Ouers kla omdat hulle kinders (meestal generasie Z, of tieners) voortdurend aan hulle foon gekluister is, maar hulle gaan staan selde stil om ’n bietjie oor hulle eie gedrag en digitale verslawing te dink. Ouers se swartspieël-obsessie is wel meestal werkverwant, maar hulle gee hulle kinders net soveel daardie digitale afjak as wat hulle kinders dit vir hulle gee.
Maar nou het tegniese en sosialemedia maatskappye besef hulle het ’n gewete en skarrel om nuwe funksies in apps of nuwe slimfone te installeer wat sal help om jou tyd in die digitale lugleegte te monitor (en hopelik te verminder). Daarvoor kan ons ’n jong fluitjieblaser met pienk hare en ’n neusring bedank.
Christopher Wylie, ’n voormalige werknemer by Cambridge Analytica,
het onthul dat miljoene Facebookgebruikers se data gebruik i som die kiesersentiment in die aanloop tot die Amerikaanse presidentsverkiesing te manipuleer, wat gelei het tot die verkiesing van Donald Trump as leier.
Ná die onthulling het die Amerikaanse filosofie skrywer en rekenaarwetenskaplike Ja r o nL a nie rin’ n TE D Talk gesê: “Dié goed kan ek nie meer sosiale media netwerke noem nie–ek noem dit gedragsverandering sakeryk e .”
Dit is ’n ysingwekkende uitlating wat selfs nóg meer ysingwekkend word as ons besef waarteen ons eintlik te staan kom. Dit het aan die lig gekom dat ons digitale verslawing in der waarheid fyn beplan is.
Boundless Min dis’ n nuwe maatskappy in Silicon Valley, een met’ n verskil. Dié groep n euro wetenskaplike sis besig om maniere te soek om ons digitale verslawing te stuit. Hulle het aan die tydskrif Time verduidelik die kern van die probleem is die unieke sakemodel wat deur“oorreding s tegnologie” aangedryf word: ’n dodelike kombinasie van tegnologie en neurowetenskap wat doelbewus sekere menslike gedrag aanmoedig (soos om jou te laat aanhou afrol, sonder om te dink) terwyl ander ontmoedig word (soos weldeurdagte, genuanseerde idees).
Ramsey Brown, een van die medestigters van Boundless Min d, verduidelik hoe die sake model uit oorreding stegnologie voortvloei :“Hoe langer ons vasgenael is aan ’n app – ons noem dit ‘eyeball time’ – hoe meer geld maak die skeppers daarvan, want hulle verkoop ons aandag en toegang tot ons per- soonlike data aan adverteerders en andere. Ek en jy is nie klante van Facebook of Google nie, maar die produk wat verkoop word.”
Hy gee ook insig wat vir ouers dalk ’n skrale troos sal wees: “As jou kind nie sy of haar foon kan uitlos nie, beteken dit nie hulle het geen wilskrag nie. Jou kind se brein word gemanipuleer sodat hy of sy op die foon sal bly.”
Ouers behoort gerusgestel te word deur’ n onlangse verslag van die Pewnavorsingsentrum in Washington D C waarin aangetoon word dat tieners die negatiewe uitwerking van oorreding stegnologie begin voel. Altesame 54% van die respondente (13-17 jaar oud) meen hulle bring te veel tyd op hulle slimfoon deur, terwyl 52% gesê het hulle neem stappe om hulle selfoon minder te gebruik. En ’n volle 57% het probeer om hulle gebruik van sosiale media en videospeletjies te verminder.
Om dié rede noem ek Gen Z die “selfherstel”-geslag. Hulle is die eerste ware digitale geslag: Hulle ken nie ’n wêreld sonder Google, slimfone of die internet nie. Ouers is dalk bekommerd oor kuberboelies, maar húlle byt die spit af. Hulle ken die gevare van ’n digitale voetspoor (wat nooit uitgewis kan word nie) en dis hulle wat skel wanneer die ouers ’n foto van hulle aanlyn plaas sonder om toestemming te vra, en nié andersom nie. Dink ’n bietjie dáároor.
Ek is meer bekommerd oor die grootmense en hoe húlle digitale verslawing hanteer. Een van die meer ongewone onderafdelings van die ontluikende welstandsbedryf is ’n nuwe bedryf wat ontwerp is om ’n gebrek aan slaap te stuit. Al het jy ook hóéveel meditasieapps op jou foon (die ironie!) lyk dit of dit onmoontlik is om ons van ons swart spieël weg te skeur. Die nuwe vorme van stres wat veroorsaak word deur die vae lyne tussen werk en speel – én die newe-effekte van die blou lig wat uit ons toestelle straal, is besig om ons slaappatrone te vernietig.
Slaap het die nuwe luukse geword. Veral werkende enkelouers weet dit, maar nou is hulp beskikbaar, soms in ’n waarlik onverwagte vorm.
As jy deur die dag smag na ’n middagslapie en nie betrap wil word terwyl jy by die werk ’n uiltjie knip nie (hoewel sommige moderne maatskappye reeds geriewe inrig vir die slaapwandelaars in hulle geledere), kan jy indraf by wat die Amerikaners ’n “nap café” noem.
Dié welstandsklub volg kort op die hakke van soortgelyke geriewe in Tokio en Madrid waar jy ’n slaapsessie kan bespreek in ’n private vertrek óf gou ’n uiltjie gaan knip in ’n stoelkapsule.
Maar as ’n middagslapie nie die ding gaan doen nie, kan jy ’n slaapafrigter oorweeg – ja, jy het reg gehoor. Slaapafrigting is ontwikkel om professionele atlete te help met die herstelproses, maar in ’n era waar slapeloosheid aan die toeneem is, kies talle pootuit sakemense en jong ouers dié opsie.
Slaapafrigters fokus op die hartslagafwyking en die uitwerking daarvan op slaap. Net soos ’n persoonlike afrigter sal ’n slaapafrigter jou stap vir stap help om die gehalte en hoeveelheid slaap te verhoog deur jou alledaagse leefstyl gewoontes te verander.
Dit is goed om te weet ’n mens kan jou “slaapskuld” vereffen deur ekstra ure te slaap nadat jy ’n tyd lank ’n tekort daaraan gehad het. ’n Studie in 2017 aan die Universiteit van Calgary in Kanada het getoon dit is nie net moontlik om te herstel van te min slaap nie, maar jy kan ook slaap “bank” wanneer jy verwag om laat nagte te hê.
Skielik het ek die behoefte om ’n bietjie slaap in die bank te kry. Iewers in die platteland waar dit stil is. Ek moet net onthou om my foon te laai, want hoe anders gaan ek my wekker stel?
‘Hulle verkoop ons aandag en toegang tot ons persoonlike data aan adverteerders en andere. Ek en jy is nie klante van Facebook of Google nie, maar die produk wat verkoop word.’