Só is die le­we Die dag toe Charles Ja­co­bie op ons dorp kom sing het

In die ja­re ses­tig het be­faam­de kuns­te­naars nog van plat­te­land­se ge­hug­gie tot ge­hug­gie ge­toer. By ’n kon­sert van die co­w­boy­san­ger Charles Ja­co­bie op ’n Ka­roo­dor­pie het Fa­nie S­mit die wa­re be­te­ke­nis van “bo blink, on­der stink” ge­leer...

Weg! Platteland - - Inhoud - IL­LUS­TRA­SIE DIEK GRO­BLER Fa­nie S­mit is ’n Plat­te­land- le­ser van Ri­vers­dal in die Wes-kaap.

By­na 45 jaar ge­le­de het Neil Di­a­mond bo en be­hal­we die 5 870 aan­han­gers in die ge­hoor by ’n o­pe­lug­kon­sert in Los An­ge­les ook die “tree pe­op­le” wel­kom ge­heet. Dit was ’n ver­wy­sing na die “roof­ky­kers” wat in die bo­me om die G­riek­se am­fi­te­a­ter ge­klou­ter het en na­tuur­lik nie vir dié “sit­plek­ke” be­taal het nie.

“And you tree pe­op­le out the­re,” hoor jy hom dui­de­lik in ’n op­na­me van die kon­sert sê, “God bless you. I’ll sing it for you too.”

El­ke keer as ek na daar­die op­na­me luis­ter, is ek skie­lik weer ’n kind op ’n klein dor­pie in die Ka­roo. Dit was die ja­re ses­tig, en g’n snot­neus het toe ge­weet wie Neil Di­a­mond is nie; voor die koms van te­le­vi­sie was daar net één san­ger op al­mal se lip­pe: Charles Ja­co­bie, die een wat in die volks­mond as “Die sin­gen­de bees­boer” be­kend was. Jy kan maar sê Charles was “wor­ld fa­mous in South A­fri­ca” en van­dag nog word hy as die va­der van coun­try­mu­siek in Suid­a­fri­ka be­skou.

Só ge­beur dit toe dat Charles Ja­co­bie so­waar ons dor­pie aan­doen! Hoe­wel an­der kuns­te­naars ook soms ge­sig ge­wys het by ons dorp se e­nig­ste ve­nue, die Kerk­saal­tjie – ’n sterk­man en sy ewe sterk dog­ter wat ’n Volks­wa­gen Ke­wer se voor­kant met haar be­ne kon op­lig; ’n to­we­naar wat men­se kon hip­no­ti­seer; en die buik­spre­ker

Jan­nie de Bruin met sy pra­ten­de pop, Tom­my T­homp­son – was Charles Ja­co­bie vir ons seuns dié ou. Nie net het hy 56 glin­ste­ren­de co­w­boy-uit­rus­tings ge­had wat sy vrou vir hom ge­maak het nie, maar hy kon sing en jo­del dat die bie­sies be­we met ’n reg­te Colt-re­wol­wer op sy heup.

We­ke voor sy koms het ad­ver­ten­sie­plak­ka­te teen pa­le en win­kel­ven­sters al die kon­sert ge­ad­ver­teer. ’n Mens sou ver­wag dat man en muis daar sou wees, maar des­tyds was die mees­te huis­ge­sin­ne groot (daar was mos nie te­le­vi­sie nie...) en die mees­te vroue was vol­tyd­se tuis­ver­sor­gers wat nie ’n in­kom­ste ver­dien het nie. Die Jou­berts het ne­ge kin­ders ge­had, die En­gel­brechts kon hul­le eie rug­by­span be­gin, en in ons en die do­mi­neehul­le se huis was daar se­we in die ge­sin. Soos Pa was die mees­te men­se maar ge­wo­ne sa­la­ris­trek­kers vir wie kaar­tjies vir die he­le ge­sin on­be­kos­tig­baar was. Ou­sus was ge­luk­kig om­dat haar kê­rel haar saam­ge­nooi het, en row­we oom Koos en sy twee dog­ters was heel voor in die koor om kaar­tjies te koop.

DIE KON­SERT IS OP ’N SNIKHETE so­mers­aand in Fe­bru­a­rie ge­hou. Lug­re­ë­ling was daar­die ja­re nog ’n on­be­ken­de luuk­se en ge­volg­lik moes al die ven­sters van die Kerk­saal­tjie met e­ni­ge by­een­koms wa­wyd oop bly. Na­tuur­lik het ons klom­pie “min­der­be­voor­reg­tes” dit al­te goed ge­weet en reeds vroeg­aand voor die saal­tjie by­me­kaar ge­kom om vir ons ’n plek­kie in ’n ven­ster­bank te kry. Ek het be­sef daar sal ho­pe­loos te veel van ons vir die ge­tal ven­ster­ban­ke wees en ek het vroe­ër as die an­der ge­gaan om vir my ’n plek in die heel voor­ste ven­ster na­by die ver­hoog te kry. Toe die an­der klomp la­ter daar op­daag, was ek al goed in­ge­bur­ger en ná ’n ge­stry en ge­stoei het die mees­te da­rem ’n bra on­ge­mak­li­ke plek­kie ge­kry, al moes par­ty staan of hurk.

Só sit en staan en hang ons toe soos ’n klomp hoen­ders op ’n stel­la­sie. Heel voor in die saal het ’n paar van Charles se groot­ste be­won­de­raars in hul­le Son­dag­kle­re ge­sit – van ryk tant Pe­tru tot die on­ge­trou­de tan­nie Pop­pie van die sen­tra­le. ’n Paar rye ag­ter­toe, reg voor Ou­sus en haar kê­rel, het oom Koos en sy dog­ters ge­sit, en die laat­kom­mers moes maar te­vre­de wees met ’n plek­kie heel ag­ter in die saal langs die kom­buis. Op die een punt van die heel ag­ter­ste ry was oom Nieklaas van die krag­sta­sie wat eers moes toe­sien dat die dorp se krag­op­wek­ker ge­noeg die­sel in het, en op die an­der punt was Mou­ton, die po­li­sie­man, nog in sy u­ni­form. Die plek was ge­pak, maar daar pas mos baie mak ska­pe in ’n kraal... die kon­sert kon be­gin!

Die hit­te het be­gin op­bou en uit­kom­plek soek, maar ons klomp wat die ven­sters ge­blok het, het ver­seg om te roer. Wie sal so dom wees om die gra­tis sit­plek waar­voor jy so hard ge­werk het, vir só ’n on­be­nul­lig­heid prys te gee?

Skie­lik be­gin die mu­siek ál har­der speel en daar ver­skyn ons co­w­boy op die ver­hoog in een van sy skit­ter­blink uit­rus­tings. Al­mal klap spon­taan han­de, Charles vat-vat aan sy swart co­w­boy­hoed, waai met sy hand deur die lug en be­gin sing son­der om ’n woord te sê: “For a bi­rd in a tree will sing a me­lo­dy...” Hy wieg ge­mak­lik heen en weer en ons klomp in die ven­ster­ban­ke wat die “Mockin’ Bi­rd Song” uit ons kop ken, raak só mee­ge­voer dat ons soos een man be­gin saam sing en jo­del.

Charles moet ge­ïr­ri­teerd ge­raak het, want toe hy klaar is met sy tref­fer, maak hy ’n min­der vrien­de­li­ke op­mer­king as Neil Di­a­mond in Los An­ge­les: “Lyk my daar’s van­aand meer men­se bui­te die saal as hier bin­ne,” sê hy en wys na ons. Steeds roer ons nie. Die kon­sert het dan maar pas eers be­gin – net ’n a­toom­bom sou ons van ons plek­ke laat af­sien!

HY SING DIE EEN LEK­KER LIEDJIE ná die an­der, maar skie­lik is daar ’n be­roe­ring by een van die ven­sters toe twee van die roof­ky­kers stry kry. Ou Dik­kes wat tot nou toe op sy jon­ger boe­tie se skou­ers ge­staan het, wil nie vir hom ’n kans gee om ook te kyk nie, ter­wyl die ar­me klein­tjie suk­kel om vir Dik­kes in die lug te hou! Sy be­ne knak en die twee slaan op die har­de Karoo­grond tus­sen die klip­pe neer... net mooi toe daar ’n stink­bom in die saal “ont­plof” en met die reeds be­nou­de lug meng.

Oom Koos en sy ge­sin staan lag­gend op en vlug by die naas­te sy­deur uit ter­wyl die an­der kon­sert­gan­gers hul­le pro­gram­me heen en weer rond­swaai om die stank te ver­dryf. Charles moet iets ag­ter­ge­kom het, maar hy bly pro­fes­si­o­neel en sing lus­tig voort ter­wyl ál meer men­se hul­le uit die voe­te maak. Toe ek la­ter be­sluit om ook maar bes te gee, sing hy nog net vir die tan­nies in die heel voor­ste ry en vir Ou­sus-hul­le wat die pro­gram nou ver­be­te heen en weer voor hul­le neus swaai!

Bui­te die saal drom die men­se saam en be­spie­gel oor wie die skul­di­ge kan wees. Na­tuur­lik wys al­le vin­gers na oom Koos-hul­le wat heel eer­ste ver­kas het. Selfs die goeie tant Ge­sie wat nooit sleg van an­der praat nie, be­duie in die rig­ting van die oom se huis en ou Dik­kes is só vies dat hy die tan­te be­lo­we om al vier ban­de van oom Koos se Ford-bak­kie af te blaas!

Daar­die aand het ons ou dor­pie ’n reg­te li­ve ver­to­ning op en van die ver­hoog af be­leef, maar nie­mand kon ooit uit­vind wie vir die stink­bom ver­ant­woor­de­lik was nie. Ek weet nie of Charles Ja­co­bie ooit weer op ons dorp kom sing het nie, maar ná dié ein­ste aand het Ou­sus haar kê­rel ge­los.

Eers ja­re la­ter het sy ver­klap dit was hý wat op daar­die nood­lot­ti­ge aand nie een nie, maar twéé stink­bom­me reg on­der oom Koos se stoel stuk­kend ge­trap het. En sy moes die heel­aand saam met hom bly sit om sy on­skuld te be­wys!

‘Die klein­tjie suk­kel om vir Dik­kes in die lug te hou! Sy be­ne knak en die twee slaan op die har­de Karoo­grond tus­sen die klip­pe neer... net mooi toe daar ’n stink­bom in die saal “ont­plof”.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.