KIN­DERS VAN DIE VELD

Weg! Platteland - - Briewe -

Hy roep my uit die sit­ka­mer. Ek was skot­tel­goed in die op­was­ka­mer. “Wat is dit? Ek is be­sig.” “Kom kyk hier.” Sy stem maak dat ek die wa­ter­drup­pels van my han­de af­skud en vin­nig na­der gaan. Hy sit in sy stoel. Op sy skoot is die Plat­te­land. Die nu­we een met die hoen­der op die voor­blad – ’n druk­kie vir ’n kie­pie. Ek gaan sit op die stoel se arm­leu­ning en leun voor­oor. “Wat wil jy vir my wys?” Hy blaai deur die boek en soek na iets. “Dis ’n vrees­li­ke mooi boek hier­die,” sê hy. Hy slaan die boek oop op bl. 50 en 51. Dub­bel­blad. “Kyk net hier,” sê hy. Ek sien ge­har­de ska­pe. Ek sien ly­fies vol on­skuld en de­ter­mi­na­sie. Ek sien ge­har­de kin­ders. My man ken droog­te. Hy is ’n boer. Hy druk met sy vin­ger op die dog­ter­tjie se blou hem­pie. “Kin­ders van die veld,” sê hy. Hy huil. Su­ni­ta Key­ser BLOEM­FON­TEIN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.