Weg! Platteland

NIE ALLE BOERE IS SKULDIG

-

Laat ek julle eerstens gelukwens met ’n puik tydskrif. Ek sien uit na elke uitgawe en lees elkeen van voor tot agter.

Dit bring my by die rede vir hierdie brief: In julle Winter 2018-uitgawe trek Ivor Price op ’n positiewe noot weg met wat lyk na ’n ewewigtige artikel (“Die spook sweef saam die toekoms in”) oor die verbeterde arbeidspra­ktyk op plase in die Karoo. Maar kort voor lank verval hy in die tipiese gewoonte om sy formidabel­e joernalist­ieke platform te gebruik om ons almal te herinner hoe sleg wit (lees: manlike, heerssugti­ge) boere hulle werkers vroeër behandel het. Hy gee hulle die skuld vir alkoholism­e én voer aan hulle het vroulike werkers verkrag, wat kinders tot gevolg gehad het.

Dit alles sê hy teen die einde van sy artikel, wat beteken dit word die hoofgedagt­e.

Natuurlik is dit in sommige gevalle waar, maar nie naastenby die norm nie. Wat ook waar is, is dat baie meer kinders in hierdie land deur mans van kleur weggegooi word.

Almal van ons het al bitter ervarings gehad in dié land. Vroue en kinders het weens honger omgekom en is in konsentras­iekampe reg oor die land verkrag gedurende die AngloBoere­oorlog én tot vandag toe. Dit is nie ’n politiek korrekte stelling nie, maar tog waar.

Ons het ’n uiters plofbare situasie in dié land, en met eensydige artikels soos dié help julle nie eintlik nie. Ek wonder of julle die artikel sou plaas as Ivor Price ’n heteroseks­uele wit man was wat weeklaag oor die lot van die duisende wit boere wat jaarliks uitgemoor word? Net so sal dié brief seker ook in die snipperman­djie beland. Marietjie le Roux

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa