WAT IS CHRIS­TO SE ‘GE­HEI­ME’?

Weg! Platteland - - Entrepreneur -

• Die ge­sig en die gees Chris­to glo dis deur­slag­ge­wend om ko­pers te ver­maak ter­wyl jy hul­le aan jou pro­duk be­kend stel. Mar­ni knik haar kop: “Ek ken reg­tig nie­mand wat mal­ler is oor men­se, al­tyd po­si­tief bly en so goed met om­trent al­mal oor die weg kom nie.” • K­re­a­ti­wi­teit “Jy en jou pro­duk­te moet án­ders en kre­a­tief wees. Jy moet ko­pers voort­du­rend ver­ras met jou sto­rie.” • El­ke bie­tjie er­va­ring tel “El­ke lie­we werk wat ek ooit ge­doen het – selfs dié wat ek ge­haat het – het my óf ’n vaar­dig­heid óf se­ke­re men­se­ken­nis ge­leer.” • Ge­duld “Ek het nog al­tyd in slow and ste­a­dy ge­glo en het al hoe­veel keer be­sig­he­de sien mis­luk om­dat hul­le te vin­nig te groot wou wees en geld ge­blaas het op din­ge waar­son­der hul­le nog ’n jaar of twee oor die weg kon kom. ’n Mens kom ge­du­rig in die ver­soe­king om iets baie duurs te koop wat jou le­we dra­ma­ties mak­li­ker gaan maak, maar die groot­ste ge­heim is om te weet op wat­ter punt jy tot hier­die groot uit­ga­we moet oor­gaan.” • Ses­de sin­tuig “Daar gaan let­ter­lik el­ke dag men­se wees wat vir jou sê: ‘Weet jy wat jy nou moet doen?’ of ‘Weet jy wat jy nou no­dig het?’ Luis­ter na wat hul­le sê, maar moe­nie jou ore uit­leen nie. Nie­mand kan ooit ’n be­ter keu­se maak as jy wat die be­sig­heid van heel on­der af op­ge­bou het nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.