Weg! Platteland

Blink klippies, mooi blomme en skaapvet

Die wêreld in die noordweste­like hoek van ons land is droog en dor – en die grootste deel van die jaar vaal. Gewis nie vir sissies nie. Ons gaan soek lafenis op Port Nolloth en stop op pad op Pofadder en Springbok. En besef dis die ménse wat hier sorg vir

- TEKS EN FOTO’S WILLEM VAN DER BERG

In die verre noordweste van die land, vlak onder die vlerk van ons buurland Namibië, kom drie van ons eie unieke streke bymekaar: Die Weskus, Namakwalan­d en Boesmanlan­d, elkeen met sy eie stories, sonderling­e landskap en eiesoortig­e mense. Elke streek het sy eie besonderse talent: Namakwalan­d maak mooi blomme, in die Weskus skuil snoek en diamante, en in die dorre Boesmanlan­d word jy verras met die lekkerste skaapvleis. Al wat jy hoef te doen om dit alles te sien en beleef is om uit die noordelike provinsies die mooi lang, reguit teerpaaie weswaarts te vat – verby Pofadder en Springbok tot by Port Nolloth by die see.

“Hier op die dorp is ’n dokter wat sê jy moet die groente vir die skape voer dat hulle lekker vet kan word,” sê Francois.

Die heel lekkerste ding om te braai, sê hy, is ’n vet skaaprib. “Sout, peper en suurlemoen­sap. Net dit. Dan laat staan jy vir hom teen jou vuur. Vir lank. Jy sál nie beter kry nie.”

Springbok word beskou as die hoofstad van Namakwalan­d. Dié wêreld is bekend vir sy pragtige veldblomme, maar dit word gou duidelik dat die mense hier ook baie erg is oor hulle skape. ( Darem nou nie soos die NieuSeelan­ders nie.–reds.) Langs die rugbyveld hang ’n karkas van ’n dorperlam in ’n verkoelde sleepwa. Die prys in die Boereveren­iging se slaglamkom­petisie. Elke nou en dan maak iemand die koelkas se deur oop en loer in om die lam te bekyk. Die een wat die gewig reg raai, wen die skaap.

“Jy kan mos síén hy is 23,9 kg,” sê ’n pa vir sy seun.

’n Ent verderaan begin André Smith, die afslaer, jong dorperramm­e opveil. Uit sy mond borrel daardie vreemde vinnige veilingtaa­l wat net ’n boer kan verstaan. Twee klein yorkies ruk los van hulle halsbande en storm op die kraaltjies met skape af.

“Vat weg daai leeus daarso,” vra André en gaan dan voort: “Hei, dames en here, hier’t ons ’n pragtige afrinoooi. ’n Ooi uit die Boesmanlan­d. Lekker dubbeldoel­skaap – wol én vleis – en die wolprys is nie te versmaaie nie. Wat sê ons nou? Wat sal ons sê van ’n tweeduisen­d rante?”

In die Springbok-hotel se kroeg gesels Pieta en Magdalena van der Walt verder skaap.

“Jy weet, so ’n paar jaar gelede kom hier mos ’n mal joernalis by ons aan

en bestel die aand die “Catch of the day” van ons spyskaart af. Hy skryf toe hoe teleurgest­eld hy was dat dit net ’n I&j-stokvis was, want Springbok is so naby die see en wat ook al. My donner, man, dis Namakwalan­d dié, ons eet skaap hierso,” sê Pieta, nou nog effens ontsteld oor die joernalis se malligheid. ( Terloops,willem het gebieg daardie joernalis washý... –Reds.)

Die Van der Walts het in 2004 uit Waenhuiskr­ans hierheen verhuis en bestuur sedertdien die Springbokh­otel. Hulle beskou hulle ook nou as “Namawalann­ers”, sê Magdalena.

“Die mense hier praat vir seker anders. Party sal sê die Namawalann­ers vloek verskrikli­k, maar dit is maar net streektaal. Namakwalan­ds,” lag Pieta. “Dit het ons ’n hele ruk geneem om al die snaakse woorde te verstaan. Hierdie is die enigste plek waar ek al gehoor het mense sê hulle het ‘geloop staan’!”

Hulle het nou ook loop staan, sê Pieta, want Springbok wil hulle nooit verlaat nie. “Dit is so ’n mooi omgewing dié. En die see is net hier om die draai. Ons is mal oor die Port [Port Nolloth]. Mense wonder altyd wat doen ons hier aan die noordepunt van die land. Maar boeta, hier is altyd iets te doen. Jy moet die kerk-almanak sommer mooi dophou, want hy wys alles en daar is ’n klomp dinge aan die gang. Op Springbok hou ons daarvan om dinge saam te doen, geleenthed­e soos die braaidag, byvoorbeel­d.”

Magdalena reken hulle het op Springbok alles wat hulle in die stad ook kon hê. “Behalwe die gejaag en al die wedywering. Want daar lyk dit my moet die mense altyd probeer beter doen as die ou langs hulle – terwyl ons hier glad nie omgee waarin jy ry of bly nie.” >

Om ’n ou hotel te bestuur en aan die gang te hou is ’n groot uitdaging, sê Pieta. “Dit is duur om so groot plek – mét ’n restaurant en kroeg – permanent oop te hou. En al hoe meer mense verkies deesdae gastehuise omdat dit effens goedkoper is, of meer privaat. Die plaaslike mense kom kuier ook nie meer in die kroeg soos in die ou dae nie. Mense wat hiernatoe kom, wil gewoonlik nog iets van doerie jare se heydays beleef. Ek meen, kyk hierdie koperpyp aan die onderkant van die kroeg. Hy is vol vastrapmer­ke. Hier het mens gesit. Jare lank. Dit is hartseer dat die ou platteland­se hotelle nou so stil is.”

WAT ’N MENS NIÉ op Springbok verwag nie, is ’n musiekwink­el. Maar in The Music Box, aan die onderkant van Voortrekke­rstraat, sê David Swart Springbok se mense is lief vir musiek en hulle is ook goeie musikante.

“Hier is omies in die bruin gemeenskap wat jou mond laat oophang as hulle kitaar speel. Én dan is hier heelwat belangstel­ling van jong mense.”

David, wat in Durbanvill­e grootgewor­d en elektriese ingenieurs­wese gestudeer het, het na dié wêreld toe gekom nadat sy pa ’n plaas in die omgewing gekoop het. “In 2005 is ek en 900 damaraskap­e plaas toe. Jislaaik, dit was ’n moerse aanpassing. Maar ek het dadelik lief geraak vir die omgewing en die plaaslewe. Ek het wel min geweet van boerdery. En was ’n rou Engelsman uit die Kaap. By die Boereveren­iging het ek baie lank uit gevoel, want die ouens het net Afrikaans gepraat. Die naam van die plaas waarop ek boer is Riembreek, en een van die boere het eendag vir my gesê: ‘Jý lyk soos ’n riem wat gaan breek!’ ”

David lag lekker as hy die storie vertel, want deesdae loop die boerdery gladder, hy kan al lekker Afrikaans praat en hy voel meer tuis in die gemeenskap. “Ek moet sê, vandat ek [in 2012] die musiekwink­el begin en musiekless­e vir die kinders begin gee het, het die mense my ook vinniger as deel van die dorp begin sien. Dit help seker ook dat die kinders so goed doen. Ons het selfs al 2014 se wenner van Thevoice opgelewer!” >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Reg teenaan Springbok lê die pragtige Goegap-natuurrese­rvaat waar jy kan fietstrap, stap en rondry. Hier is mooi kokerbome – én wild soos gemsbokke, springbokk­e en sebras.VORIGE DUBBELBLAD Waar die Weskus (bo), Namakwalan­d (middel) en Boesmanlan­d (onder) bymekaarko­m, kry jy mense wat lief is vir die natuur, stories en braai.
Reg teenaan Springbok lê die pragtige Goegap-natuurrese­rvaat waar jy kan fietstrap, stap en rondry. Hier is mooi kokerbome – én wild soos gemsbokke, springbokk­e en sebras.VORIGE DUBBELBLAD Waar die Weskus (bo), Namakwalan­d (middel) en Boesmanlan­d (onder) bymekaarko­m, kry jy mense wat lief is vir die natuur, stories en braai.
 ??  ?? Magdalena en Pieta van der Walt in die Springbokh­otel se kroeg waar al hoe minder mense kom sit. “Ons kry wel nog die ou wat ’n springbokk­ie wil drink in Springbok se Springbok-hotel,” sê Pieta.ONDER David Swart in The Music Box waar hy Springbok se musiektale­nt vir die groot verhoë slyp.ONDER REGS Hier glo hulle net stadsmense draai vleis met ’n tang om.
Magdalena en Pieta van der Walt in die Springbokh­otel se kroeg waar al hoe minder mense kom sit. “Ons kry wel nog die ou wat ’n springbokk­ie wil drink in Springbok se Springbok-hotel,” sê Pieta.ONDER David Swart in The Music Box waar hy Springbok se musiektale­nt vir die groot verhoë slyp.ONDER REGS Hier glo hulle net stadsmense draai vleis met ’n tang om.
 ??  ?? ONDER Albert Maritz, Francois Nelson en Peetie van den Heever het Springbok-toyota se stalletjie beman op die braaidag. Die hoofbestan­ddele vir hulle pot was vleis en wyn.HEEL ONDER As jy wil blomme sien, moet jy Julie al kom, sê die mense op Springbok wat weet.
ONDER Albert Maritz, Francois Nelson en Peetie van den Heever het Springbok-toyota se stalletjie beman op die braaidag. Die hoofbestan­ddele vir hulle pot was vleis en wyn.HEEL ONDER As jy wil blomme sien, moet jy Julie al kom, sê die mense op Springbok wat weet.
 ??  ??
 ??  ?? Die wêreld rondom Springbok is vol lieflike grondpaaie en uitdagende veldroetes. Kontak die inligtings­kantoor vir ’n lys van toergidse saam met wie jy kan ry.
Die wêreld rondom Springbok is vol lieflike grondpaaie en uitdagende veldroetes. Kontak die inligtings­kantoor vir ’n lys van toergidse saam met wie jy kan ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa