Kyk, doen, eet en slaap

Weg! Platteland - - Kom Kyk Nou! -

Goe­gap-na­tuur­re­ser­vaat

Die na­tuur­re­ser­vaat lê teen­aan S­pring­bok en die in­gangs­hek is so­wat 10 km suid­oos van die dorp. In blom­me­tyd raak dit prag­tig hier­langs, maar dit is e­ni­ge tyd van die jaar ’n be­soek werd. Hier is ’n paar grond­paad­jies en ’n he­le klom­pie 4×4-roe­tes wat jy kan ver­ken – óf kom met jou berg­fiets. Die twee self­sor­g­cha­lets is ruim en net­jies en hier is ook kamp­plek. 027 718 9906

K­lein­pla­sie-gas­te­huis

Hier is ’n ver­skei­den­heid van ver­blyfop­sies – al­mal baie net­jies. Die mees­te daar­van het ’n braai­plek en jy kan selfs by ont­vangs ’n braai­pak koop. Van 17:00 af is die re­stau­rant oop en dan kan jy aan­sit vir piz­za, ge­bak­te Na­ma­kwa­land­se lams­nek of an­der heer­li­ke ge­reg­te uit die kon­trei. k­lein­pla­sie.com

In­lig­tings­kan­toor

S­pring­bok se in­lig­tings­kan­toor in Voor­trek­ker­straat is reg­tig prop­vol in­lig­ting en be­hulp­sa­me men­se. Gaan loer ge­rus in vir e­ni­ge na­vrae oor die om­ge­wing. Hul­le het selfs ’n “blom­me­lyn” wat jy in die blom­me­sei­soen (1 Au­gus­tus tot 1 Ok­to­ber) el­ke dag tus­sen 08:00 en 20:00 kan bel. 027 712 8034/36.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.