Vi­r­gi­nia Ban­zi

Kuns­ver­ko­per

Weg! Platteland - - Kom Kyk Nou! -

In 2000 het Miss Ban­zi, soos al­mal haar noem, van Wel­kom af Po­f­ad­der toe ge­kom om te kyk of sy en haar ge­sin hier sal kan bly en hul­le kuns ver­koop. Sy het nes­ge­skop en haar men­se laat weet: Kom!

“Dit is ’n won­der­li­ke plek, so vreed­saam. Hier is geen crooks nie en ons los ons kuns saans net so bui­te.”

Haar man, Syd­ney, en broer, Ray­mond, maak al­ler­han­de beeld­jies uit ou staal en sink, en Vi­r­gi­nia ver­koop dit op ’n oop stuk grond langs die N14 as jy Po­f­ad­der van U­ping­ton se kant af bin­ne­ry. Maar Vi­r­gi­nia help ook men­se in nood. Ver­al kin­ders.

“As ek kin­ders sien wat be­del of kos uit vul­lis­drom­me gra­we, roep ek hul­le na­der. Ek gee vir hul­le kos en sê vir hul­le hul­le moe­nie be­del nie en eer­der skool toe gaan.”

Op die grond waar Vi­r­gi­nia die kuns ver­koop, het sy vir haar ’n kom­buis met ’n gas­stoof in­ge­rig – hier kook sy el­ke dag vir haar ge­sin en wie ook al hon­ger ly. Sy sê hul­le be­sig­heid is af­hank­lik van toe­ris­me, maar die af­ge­lo­pe paar jaar sien hul­le heel­wat min­der be­soe­kers. “Maar as die vo­ël in die veld kos kry om te eet, sal ons ook. Ons moe­nie wor­ry nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.