Weg! Platteland

Kyk, doen, eet en slaap

-

BLYPLEK

Daar is baie blyplek op Port Nolloth en die aangrensen­de Mcdougalls­baai. Hier is drie netjiese plekke wat ons oog getref het en naby die strand is.

Voetbaai-gastehuis

Twee selfsorgch­alets reg teenaan ’n klein en stil baai waar vissermann­e hulle bote die see laat ingaan. Hier is lekker stoepe om op te kuier en ’n pragtige uitsig oor die see.

voetbaai.com

Sunset Lagoon

Vier baie netjiese en goed toegeruste selfsorgwo­onstelle net ’n klipgooi van die strand af. Ook stapafstan­d van Voetbaai. Elkeen met ’n lekker binnebraai.

sunsetlago­on.business.site

The Beach House

’n Mooi ou gerestoure­erde huis uit die laat 1800’s met ’n wonderlike stoep reg rondom die huis en wye uitsigte oor die see en Port Nolloth se hawe.

portnollot­hbeachhous­e.co.za

EETPLEK Nemo’s

Baie lekker seekos met ’n uitsig oor die see en hawe. Hulle is Maandae tot Saterdae oop van 09:00 tot 20:00 en Sondae van 09:00 tot 15:00.

079 717 1781

Vespetti

Hier kry jy lekker seekos en ook pizzas. Jy kan op die stoep sit en oor die see en hawe uitkyk. Die restaurant het nie ’n dranklisen­sie nie, maar jy mag jou eie drankies saambring. Hulle is Maandae tot Saterdae oop van 10:00 tot 21:00 en Sondae van 10:00 tot 15:00.

027 851 7843 Vespetti Port Nolloth

Port Fisheries

Van die beste wegneem-vis-en-tjips in die land. Hulle is Maandae tot Saterdae oop van 09:30 tot 18:00.

027 851 7733

Aukwatowa-museum

Dit is regtig die moeite werd om hier ’n draai te maak en na die ouddiamant­duiker George Moyses se stories te luister. Hier is ook baie ander interessan­thede oor die omgewing. Die museum is in Strandstra­at en daagliks oop van 10:00 tot 17:00. 027 851 8350

 ??  ?? Vespetti Voetbaai-gastehuis Nemo’s
Vespetti Voetbaai-gastehuis Nemo’s

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa