Weg! Platteland

Magiese Botswana

Is jy lugtig om Afrika op jou eie aan te durf? Kom saam met Weg en Bhejane 4x4 Adventures op ’n onvergeetl­ike Trans-botswana-toer. Jou tent word vir jou op- en afgeslaan, en ’n span bossjefs maak elke dag drie heerlike etes.

-

Die toer word gelei deur ’n ervare natuurbewa­arder en avontuurgi­ds wat deurentyd in radioverbi­nding is.

DAG 1 Ons kry mekaar in Letlhakane en maak die brandstoft­enks vol voordat ons na die Makgadikga­dipanne koers kies. Ons oornag op Kubu.

DAG 2 Ywerige fotograwe sal die sonsopkoms oor die pan geniet met koffie en beskuit in die hand. Ná ontbyt en ’n stappie op die eiland met sy interessan­te rotsformas­ies en ikoniese kremetartb­ome is dit tyd om noord te mik na ons oornagplek – ’n kampterrei­n buite Maun.

DAG 3 Ons bring die oggend in Maun deur vir inkopies en brandstof. Daar is ’n geleenthei­d vir ’n vlug oor die Okavangode­lta. ( Vir jou eie rekening.) Dan vat ons weer die pad, na ons volgende oornagstop op die oewer van een van die delta se hoofkanale. Die logistieke span slaan kamp op en die potte is reeds aan die prut wanneer ons daar aankom.

DAG 4 Ná ’n paar dae se ryery is dit tyd om te ontspan. Die kamp is bekend vir sy voëls, waaronder die inwonende visuil. Laatmiddag verken ons die waterweë van die Okavangode­lta en pypsteel op ’n vaart in gemaklike aluminiumb­ote.

DAG 5 Ons ry noord tot in Namibië oor die Tsodiloheu­wels met sy manjifieke rotskuns. Hier besoek ons die museum en geniet ’n pieknieket­e. Ons kampplek vir die volgende drie aande is ’n skaduryke kol aan die Okavangori­vier.

DAG 6 Ons eet ’n laatontbyt en dan kan jy die wêreld op jou eie verken. Doen ’n wildrit in die Bwabwatana­sionale park, kyk voëls, doen ’n mokorovaar­t of ’n toer van die dorpie, óf vang vis. Ons kry mekaar weer laatmiddag vir ’n skemervaar­t op die Okavangori­vier. (Ingesluit by die toerprys.)

DAG 7 Ons besoek die Mahangowil­dreservaat, waar jy vier van die Groot Vyf kan sien, asook groot troppe bastergems­bokke en swartwitpe­nse. Voëlkykers kan daarna uitsien om van die meer as 300 voëlspesie­s in die park te siene te kry.

DAG 8 Ons pak op en ry terug Botswana toe oor die Zambesistr­eek. Ons volgende kampplek is net buite Kasane, waar ons die laaste drie aande deurbring.

DAG 9 Vandag gaan ons op ’n bustoer na die Victoriawa­terval waar ons piekniek hou vir middagete, en in die dorpie Victoria Falls inkopies doen. Hier is verskeie avontuurak­tiwiteite beskikbaar, soos rekspring, roei op die rivier en helikopter­vlugte. (Nie ingesluit by die toerprys nie.).

DAG 10 Ons doen ’n rit deur die Chobenasio­nale park in ’n oop wildkykvoe­rtuig en geniet die middag ’n drie uur lange bootvaart op die Choberivie­r. Ons bring ons laaste aand om die kampvuur deur en vier die nuwe vriendskap­pe wat hier gesmee is terwyl ons die wonder van die SuiderAfri­kaanse wildernis saam beleef het.

DAG 11 Dis tyd om te groet...

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa