Tree nuwe vir tree na insig
Al hoe meer labirinte verskyn op die Suid-afrikaanse platteland – en nee, dis nié ’n new age- of duiwelse doolhof waarin jy “verdwaal” nie, maar ’n meditasiepaadjie wat bedoel is om daai raserige kop van jou kalm te maak. Dalena Theron hoor waar dit vanda
As ’n mens voor ’n labirint gaan staan, wéét jy sommer jy bevind jou nou voor iets spesiaals. ’n Paar dinge val onmiddellik op: die perfekte sirkel, die paadjie aan die binnekant wat netjies binne-in die sirkel pas en die feit dat iemand die tyd geneem het om dié geometries perfekte sirkelpatroon sorgvuldig uit te lê.
Dikwels is daar ’n mooi tuin om die labirint; ander kere word die paadjies met plantheinings, klippe, rooskwarts of kristalle aangedui; en party, soos die een by The Edge Mountain Retreat buite Hogsback in die Oos-kaap, spog selfs met ’n manjifieke uitsig.
’n Verdere bonus is dat Suid-afrikaners nie meer op boeke hoef staat te maak om te sien waaroor die bohaai gaan nie, want deesdae is daar sommer ’n hele paar plaaslike labirinte wat jy kan besoek. word volgens presiese afmetings beplan wat bepaal dat die patroon (meestal) in ’n sirkel pas en die stapper met een pad na die middel gelei word deur stelselmatig oor die hele oppervlakte van die sirkel te stap.
’n Labirint is wel argitektonies soortgelyk aan ’n doolhof, maar moet asseblief nie die twee met mekaar verwar nie: ’n Doolhof bevat afdraaipaadjies en doodloopstrate, terwyl ’n labirint net een pad in en dieselfde pad weer uit het. Waar ’n doolhof bedoel is om jou brein te toets of te oefen, is die gedagte met ’n labirint om jou brein te kalmeer – ’n soort meditasie.
Terry de Vries, ’n holistiese terapeut en labirintkenner van Barrydale, sê die twee algemeenste labirintvorme is die klassieke labirint met 7 bane en die Middeleeuse labirint wat 11 bane bevat. Albei dié argetipiese labirinte kan aangepas word om meer of minder bane te hê om in ’n kleiner of groter ruimte in te pas. Daar is ook ’n hele rits ander kontemporêre vorme wat effens minder bekend is, maar wel op die internet te vinde is.
Waar kom dit vandaan?
Die labirint is ’n bekende verskynsel in mites en fiksie. In die Griekse mite van die Minotaurus – half man, half bul – word die gedierte in ’n reuselabirint aangehou voor Theseus hom verslaan. In die fliek Pan’slabyrinth ontdek die hoofkarakter, Ofelia, ’n labirint met ’n poort na die onderwêreld.
Argeologiese opgrawings toon labirinte is reeds duisende jare oud. Die vroegste labirint is gevind in ’n graf in Italië wat uit 2500 v.c dateer. Die feit dat dit in ’n graf is, laat dit lyk of mense toe al die vorm as deel van ’n soort ritueel gebruik het.
Die pad van die labirint word tradisioneel beskou as ’n metafoor vir ’n spirituele of lewensreis. Die oudste een wat behoue gebly het en vandag nog besoek word, is die Middeleeuse labirint in die Chartres-katedraal in Frankryk. Dit bestaan uit 11 bane en is saam met die katedraal gebou in 1201. Die vorm van dié labirint is ook in Suid-afrika een van die gewildstes.
Volgens Terry het die gebruik van labirinte as deel van ’n spirituele praktyk >
afgeneem ’n paar honderd jaar gelede, maar dit is in die jare sewentig in Amerika herontdek. By Terry se huis teen die kliprantjie op Barrydale lê stapels boeke oor labirinte, maar sy sonder die Amerikaner dr. Lauren Artress se boek Walking asacred Pa t h: re dis c o vering the
La by rin t ha sas pi rit u al Practice (1995) uit as die hoofrede vir die hedendaagse fassinasie met labirinte. Dié boek, wat ook na die labirint in die Chartreskatedraal verwys, het ’n “labirintbeweging” in Amerika aan die gang gesit wat gou uitgekring het na ander lande, ook SuidAfrika. Artress het ook die organisasie Veriditas gestig wat hom beywer om labirinte reg oor die wêreld te vestig.
“Die grootste wanopvatting oor labirinte is dat mense dink dis ‘new age’. Dit is glád nie,” sê Terry. “Dis eerder ‘middle aged’! In die Middel eeue het baie Europese katedrale en kerke ’n labirint gehad. Elke mens kan ’n labirint vertolk en gebruik soos dit hom of haar pas. Dit behoort nie aan enige mens of geloof of kultuur nie.”
Labirinte in katedrale, soos die gewilde een in die Chartreskatedraal, is deur Christene gestap as ’n simboliese pelgrimstog na Jerusalem toe dit in die Middeleeue te gevaarlik geword het om soontoe te reis. In dié tyd is na ’n labirint verwys as “the road to Jerusalem”. Dit is een van die hoofredes waarom baie mense vandag nog die labirint beskou as ’n metaforiese stap na jou Skepper of na die spirituele, waar jy insig en vertroosting kan kry. Hoe werk’ n labirint meditasie? ’n Mens kan ’n labirintmeditasie vir verskeie redes gebruik: om rustiger >
‘Elke mens kan ’n labirint vertolk en gebruik soos dit hom of haar pas. Dit behoort nie aan enige mens of geloof of kultuur nie.’
Bou jou eie labirint
Mense verskil oor die vereistes vir ’n labirint. Sommige glo jy moet eers die beste plek vind met behulp van koper wiggelroede s wat aandui waar die aarde se energielyne loop, amper soos waterwysers. Ander glo weer enige labirint is goed, dit maak nie saak hoe of waar dit gebou is nie. Hier is ’n paar praktiese wenke.
1Kies ’n plek Jou tuin is ’n goeie plek, of dalk wil jy as lekker Desember-vakansieprojek saam met die kinders net ’n tydelike een op sand bou. Die plek en beskikbare ruimte sal bepaal watter materiale jy kies. Die oppervlak hoef nie noodwendig gelyk te wees nie – Koos se labirint in Glencairn is byvoorbeeld teen ’n helling gebou.
2Kies ’n vorm Elke mens het ’n ander vorm wat by hom of haar aanklank vind, maar vir sommige vorms het jy meer plek nodig.
3Kies boumateriale Klip, gruis, boombas, sement en tradisionele plaveisel werk ewe goed. Een benadering is om jou labirint eers met klippe uit te pak om te kyk of dit vir jou reg lyk en voel voordat jy dit plavei. As jy dit met klippe uitpak, plaas ’n seil wat water deurlaat onder om onkruidgroei te onderdruk. Bedek dan die seil met gruis of boombas en pak die klippe bo-op. As jy beplan om plante in die ruimtes tussen die paadjies te plant, sal jy net die paadjies met onkruiddoek moet bedek, óf iets meer permanents soos sement of plaveisel gebruik. Terry de Vries sê haar gunstelingmateriaal is klip omdat sy hou van die natuurlike gevoel en die gewig.
4Kies plante Kies plante wat endemies is aan jou streek sodat so min as moontlik water, tyd of moeite nodig is. Vir ’n geurige labirint wat sal help om stappers te kalmeer beveel Sandy Roberts laventel of roosmaryn aan. Die geure is kalmerend en albei kruiesoorte werk goed as heinings of om ’n gebied af te baken. ’n Inheemse labirint sal minder instandhouding en water verg, maar jy sal dit soms moet snoei (hou jou labirint dus liefs kleiner as Koos s’n!).
5Bou die labirint Daar is twee benaderings. Een is om die “oorsprong” of bloudruk te vind van die labirint wat jy gekies het. Die meeste labirintvorme het ’n deel net onder die middel wat ’n tipe bloudruk is vir die vorm: As jy die punte op die bloudruk dan in sirkels met mekaar verbind, vorm dit ’n labirint. ’n Ander benadering is om eers die middel te bepaal en dan konsentriese sirkels om die middel te trek voor jy heel laaste die draaie aandui. Dit is die metode wat Terry verkies, en dis waarskynlik die beste een om te gebruik as jy wil seker maak die labirint is perfek rond. Maak seker die paadjies is almal ewe breed: Die minimum breedte vir ’n paadjie is ongeveer 30 cm, maar 60 cm is veel gemakliker en gebruikersvriendelike r.
te word, stres te verlig, trauma of depressie beter te kan hanteer, of as gebed. Voor jy die labirint binnestap, kan jy besluit of jy op ’n spesifieke tema of probleem in jou lewe wil fokus, of jy kan eenvoudig stap om die stilte en helderheid wat saam met dié aktiwiteit kom te ervaar.
Haal diep asem en stap dan rustig, teen jou eie pas, die labirint binne op die aangeduide paadjie. Die paadjie volg ’n reeks kronkels en draaie afhangende van watter labirint jy stap.
Dit is belangrik om deurentyd bewus te bly van jou gedagtes, jou treë en jou asemhaling. As jy in die middel kom, kan jy ’n ruk vertoef as jy wil en bid, mediteer of eenvoudig jou raserige kop en vlietende gedagtes laat bedaar.
Die middelpunt van ’n labirint is immers ’n simboliese plek ver weg van jou sorge en van die lewe wat jy agtergelaat het voor jy jou “pelgrimstog” na binne aangepak het. Hier kry jy nuwe insigte of ’n blaaskans.
Wanneer jy reg is, stap jy weer rustig uit na buite. Bly steeds volkome bewus van jou asemhaling, treë en gedagtes. Nou stap jy met nuwe lus terug na jou lewe, slaggereed om jou probleme met nuwe krag en dalk op ’n nuwe manier aan te pak.