Labirint met ’n uit­sig

Weg! Platteland - - Labirinte -

Waar? The Ed­ge Moun­tain Retre­at in Hogs­back, Oos-kaap.

Ma­te­ri­aal Se­ment­paad­jies met in­heem­se plan­te wat die draaie vorm en die ruim­tes tus­sen die paad­jies vul.

Die sto­rie Pe­ter Co­la­vas, die ei­e­naar van The Ed­ge Moun­tain Retre­at, sê hul­le wou eers ’n dool­hof bou op die stuk grond in Hogs­back. “Maar toe hoor ons van la­bi­rin­te, en toe dink ons dis baie in­te­res­san­ter – dís wat ons wil hê!”

Vol­gens hom is die stuk veld wat hul­le ge­kies het om ’n paar re­des spe­si­aal, maar die be­lang­rik­ste is dat dit bo-op ’n krans is en dus ’n lief­li­ke uit­sig op ’n berg en wa­ter­val én die val­lei on­der het – van­daar die gas­te­plaas se naam.

Tot on­langs toe was dit die groot­ste labirint in die land met ’n deur­snee van 29 m (om­trek 91 m). Die af­stand bin­ne­toe en te­rug is 1,4 km.

“Ons het die C­har­tres-ont­werp ge­kies om­dat dit so mooi is. Dit is vol de­li­ka­te de­tail en die in­te­res­sant­ste ont­werp.”

Maak ’n draai Vir meer in­lig­ting gaan na theed­ge-hogs­back.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.