Weg! Platteland

Dink mooi voor jy bye kry

-

Dis een ding om ’n dokumentêr­e program oor bye te kyk of ’n interessan­te boek of artikel oor dié fassineren­de insekte te lees, maar ’n gans ander storie om jou eie korwe te kry, sê Marius en Carla Brundyn van Quercus-heuning (lees ons storie op bl. 112). Hier is ’n paar belangrike voorvereis­tes: • MENTORS Sluit aan by jou plaaslike byeklub of -vereniging en doen ’n kursus of kry ’n mentor by wie jy prakties kan leer. Alle byeboere was eens op ’n tyd vrekbang en het níks van bye geweet nie; daarom is verreweg die meeste van hulle baie toeganklik, nederig en vrygewig met inligting en hulp. • VAARDIGHED­E Mense wat al jare met bye werk, sê hulle het ’n kalmerende uitwerking op ’n mens. Daarom moet ’n voornemend­e byeboer leer om kalm te bly en ’n oog vir detail hê – en jy moet natuurlik bereid wees om te leer. Dis doodnormaa­l om skrikkerig te wees – moenie dat vrees jou afskrik nie. • TYD Jy het sowat ’n uur per maand per korf nodig (minder in die winter en meer wanneer dit tyd is om die heuning uit te haal). Jy hoef nie noodwendig iets te doen nie, maar dis noodsaakli­k dat jy die bye dophou en seker maak alles is nog in orde. • TOERUSTING Behalwe ’n korf met raampies is ’n byepak, ’n rookpomp en ’n kwas om bye van jou klere af te vee ononderhan­delbaar. Pleks van die byepak kan jy ook ’n hoed met ’n sluier gebruik en handskoene dra. Gebruik dan rekkies om te keer dat die bye by jou handskoene, moue of broekspype inkruip.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa