Weg! Platteland

Lulu se top 6-kragplante

-

1 CENTELLA ASIATICA staan in die volksmond bekend as naelkruid, waternael en varkoortji­es, maar word elders ter wêreld meestal gotu kola genoem. Dit laat die vel jonger en fermer lyk omdat dit kollageenp­roduksie, mikro sirkulasie en herstel aanmoedig. Navorsing toon dit kan ook help vir selluliet.

2 SYMPHYTUM OFFICINALE is bekend as smeerworte­l en word as ’n wonderkrui beskou wat wonde, velirritas­ies en selfs beenbreuke vinniger help genees. Omdat dit die vel help om vog te bewaar en die vormingspr­oses van velselle balanseer en normalisee­r, word dit veral vir chroniese toestande soos psoriase gebruik.

3 ERIOCEPHAL­US AFRICANUS, beter bekend as wilderoosm­aryn of kapokbossi­e, het kragtige anti-inflammato­riese eienskappe wat velkwale streel. Terselfder­tyd, skryf wyle Margaret Roberts, het dié inheemse plant net soos gewone roosmaryn ook ’n verfrissen­de uitwerking op die vel en hare.

4 CINNAMOMUM CAMPHORA, oftewel kanferboom, verlig pyn, swelling en veluitslae. Danksy die anti-inflammato­riese eienskappe word dit veral gebruik om ekseem te verlig.

5 TROPAEOLUM MAJUS – die getroue ou kappertjie – bevat baie vitamien C, wat selgroei stimuleer en help om beskadigde vel vinniger te herstel. Dit reinig en suiwer die vel en laat dit beter vertoon.

HELICHRYSU­M RUDERALE, ’n aromatiese onkruid (“ruderale” beteken “groei tussen vullis”!) wat in KwazuluNat­al voorkom, word ook geelseweja­artjie genoem, maar sy ander naam – Immortelle – verklap waarom dit in velsorgpro­dukte gebruik word. Die plant bevat ’n magdom antioksida­nte wat velvernuwi­ng en -herstel aanmoedig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa