Weg! Platteland

BYEWAS-KLEEFDOEK

-

BESTANDDEL­E Duursame, suiwer organiese katoen wat lank hou; ongebleikt­e, plaaslike byewas met antibakter­iese eienskappe; basdenhars ( Pinus eliottii, ’n kategorie 2-indringer in Suid-afrika) wat natuurlik klewerig is en die doek buigsaam maak; en ’n oordragoli­e (meestal olyf- of klapperoli­e) wat al die bestanddel­e saambind.

KLEURSEL Dit was Keith se idee om die katoenlapp­e op die tradisione­le manier – met die hand en met natuurlike plantaardi­ge kleursels – te kleur. Vir die geel kleefdoeke word borrie gebruik, terwyl ’n mengsel van bruin- en rooiuieski­lle sorg vir die brooddoeke se bruin skakering, wat elke keer effens anders is.

VOORDELE Dit is ’n eeue oue natuurlike alternatie­f vir kleefplast­iek en die antibakter­iese eienskappe van byewas sorg dat die kos langer hou. Jy kan ’n toebroodji­e, brood, kaas, vrugte, groente of vars kruie net so daarin toedraai of dit soos kleefplast­iek gebruik om ’n bak kos te bedek. Die hitte van jou hande help om die doek te vorm en volkome te seël. NADELE Jy kan dit nie vir rou vleis gebruik nie.

HOE LANK HOU DIT? Met daaglikse gebruik – en mits jy dit reg versorg – sal dit vir minstens ’n jaar hou. Daarna kan jy die doek net so op jou komposhoop gooi of as ’n vuuraanste­ker gebruik.

HOE MAAK JY DIT SKOON? Vee enige krummels en kos af, was dit met die hand in flou seperige (kóúe) water, laat dit op p die droograk g droog g word en gebruik g dit weer. Enige vorm van hitte (of warm water)w is taboe!

 ??  ?? Byewas-brooddoek (50 x 55 cm) R180 Stel met drie byewas-kleefdoeke (klein – 20 x 20 cm, medium – 28 x 28 cm en groot – 35 x 35 cm) R220 lulubee.co.za
Byewas-brooddoek (50 x 55 cm) R180 Stel met drie byewas-kleefdoeke (klein – 20 x 20 cm, medium – 28 x 28 cm en groot – 35 x 35 cm) R220 lulubee.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa