Weg! Platteland

HOE WEET JY HEUNING IS SUIWER?

- Het jy die Carte Blanche- insetsel oor vervalste heuning misgeloop? Jy kan die video op Platteland se Facebookbl­ad kyk – tik “Platteland” in die soekbalkie. Kyk ’n video

Omdat heuning vervalsers( en- verdunners) ál slimmer raak, is laboratori­umtoetse regtig die enigste manier om 100% seker te wees of jy “funny honey” gekoop het.

Die beste opsie is om jou eie byekorf te kry of jou heuning by ’n kleinboer te koop wat jy ken en vertrou. Ook die prys is gewoonlik ’n goeie aanduiding – hoe goedkoper, hoe groter die kans jy word ’n rat voor die oë gedraai.

Alle suiwer heuning sal die een of ander tyd sandsuiker word (om die proses aan te jaag – net om te toets! – kan jy dit in die yskas sit). Ons het op die internet en op Carte Blanche se webwerf ’n paar toetse raakgelees wat jy by die huis kan doen wat die gevaarligt­e laat flikker: • Die asyntoets Meng ’n bietjie heuning met water en voeg 4-5 druppels asyn by. As dit skuim, is die heuning nie suiwer nie. • Die watertoets Drup ’n teelepel heuning in ’n glas vol koue water. Suiwer heuning sal in ’n bol op die boom gaan lê – as dit dadelik begin oplos, is daar ’n slang in die gras. • Die vlamtoets Doop ’n bolletjie watte in heuning en steek dit aan die brand. Suiwer heuning sal aan die brand slaan; fopheuning sal rook of net ’n klein vlammetjie maak. • Die vuurhoutji­etoets Doop ’n vuurhoutji­ekop in heuning en probeer dit dan aansteek. Net ’n vuurhoutji­e wat in regte heuning gedoop is, sal aan die brand slaan. • Die jodiumtoet­s Meng ’n bietjie heuning, water en ’n paar druppels jodium. As die mengsel blou word, is die heuning nie suiwer nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa