Weg! Platteland

Kweek jou eie bone

Min moeite, baie vrygewig,ygg en goedg vir jouj én die ggrond: Bittermin groentesoo­rte kan by groenboont­jies kers vashou as dit kom by somerkos. En die beste van alles? Jy kan hulle eet terwyl hulle nog jonk en kraakvars is.

- TEKS KOBUS KRITZINGER

As jy jou eie groenboont­jies kweek, het jy die besonderse voorreg om hulle jonk te pluk terwyl hulle nog soet en sag is. Dit help veral as jy fiemiesrig­e kinders sover moet kry om meer vars groente te eet. Ook as jy iemand wat sê hulle haat groenboont­jies, wil oortuig hulle moet nog net één keer probeer. Vir my bly dit die heel lekkerste om hulle sommer daar in die tuin te staan en eet!

Boontjies is regtig een van die maklikte groentesoo­rte om te kweek en hulle beloon jou die heeltyd. Dit is ’n peulgewas, wat beteken hulle het ’n voordelige verhouding met rhizobia, ’n bakterie wat stikstof berg. ’n Mens tref dié bakterieë aan in die knolletjie­s op plantworte­ls, waar dit atmosferie­se stikstof aan die plant verskaf in ruil vir koolhidrat­e wat die plant (deur die proses van fotosintes­e) vervaardig. Dit beteken in ’n bedding waar jy boontjies wil plant, hoef jy nie te veel oor bemesting bekommerd te wees nie.

Dit is nie al voordele van rhizobia nie: Wanneer jy peulgewass­e terugsnoei of die plante gaan dood, word oortollige stikstof vrygestel en vasgelê in die grond, waar dit die volgende aanplantin­g in die bedding sal help. Dit is wel noodsaakli­k dat jy nie die grond omspit nadat jy ’n peulgewas geoes het nie – sny net die plant teen die grond af en los dit daar om deel te word van die deklaag. As jy wisselbou toepas, kan jy in die herfs ’n gewas wat baie stikstof nodig het, soos kool, plant nadat die boontjies geoes is.

Stoel- of rankboontj­ies?

Groenboont­jies word in twee hoofgroepe verdeel: stoelboont­jies en rankboontj­ies. Dit is belangrik om die verskil in groeiwyse te verstaan en daarvoor voorsienin­g te maak.

• Stoelboont­jies (ook bekend as stamof dwergboont­jies) hoef nie gestut te word nie. Dié plante dra in die algemeen vinniger, maar sal omtrent ’n derde minder produseer as rankboontj­ies wat in dieselfde ruimte groei.

• Rankboontj­ies verg ’n bietjie meer moeite en, soos die naam aandui, het hulle latwerk nodig waarteen hulle kan rank. Omdat hulle nie energie nodig het om hulleself sterkter te maak vir die gewig van die oes nie, het hulle meer energie beskikbaar om vir jou ’n oes te lewer. Die hoër opbrengs maak dit moeite werk, veral as jou plek in die tuin knap is. Rankboontj­ies is boonop makliker om te oes én sorg vir skaduwee oor sensitiewe­r plante soos blaarslaai wanneer dit aan die suidekant daarvan geplant word.

Boontjies het nie hegrankies wat om die latwerk krul en daaraan hang soos die geval is met wingerdpla­nte en ertjies nie; dié plante draai hulleself om enige vertikale stut wat hulle kan bykom. Spaanse riete (nie die gewone pieperige soort nie!) is goeie stutte as dit gedroog is, maar pasop om dit gebruik as dit pas gesny is, want jy kan 99% seker wees hulle gaan wortel skiet en begin groei. Onbehandel­de latte werk ook goed en behoort vir ’n paar seisoene te hou.

Rig die stutte in ry op óf in ’n sirkel sodat dit ’n tipi vorm. ’n Raamwerk met sisaltou wat tot op die grond loop, sorg vir ’n meer natuurlike traliewerk. >

Jy hoef nie die tou aan die plant vas te bind nie – hulle sal self daarby uitkom. Maar die heel maklikste is om boontjies onder ’n bestaande heining te plant.

• Variëteite Die algemeenst­e variëteite in Suid-afrika is ‘Lazy Housewife’ (rank) en ‘Contender’ (stoel). Maar ’n mens sien ook elke jaar al hoe meer soorte opduik by erfenis saadmaatsk­appye. Soek gou op die internet en jou asem sal weggeslaan word deur die verskillen­de kleure en eienskappe wat beskikbaar is. En die goeie nuus? Dit kan binne ’n week by jou voordeur afgelewer word.

‘Witsa’, ’n ranksoort wat baie jare gelede ontwikkel is, is ’n ou gunsteling en die saad word van die een geslag na die volgende aangegee. Sommige variëteite sal vir minstens ’n paar jaar in die winter doodgaan en dan weer in die lente uitloop. Veral ‘Scarlet Lady’ is baie gewild: Dié plant spog met ’n lieflike drag bloedrooi blomme en groot swarten-pers gespikkeld­e sade. Geel en pers variëteite is ook deesdae maklik om in die hande te kry.

Praktiese dinge

SAAI Groenboont­jies is ’n somergewas wat jy van die begin van September tot begin Maart kan plant. Die saad ontkiem relatief vinnig, en die beste is maar om dit direk in die grond te plant waar hulle gaan groei omdat hulle nie daarvan hou om uitgeplant te word nie (onthou die deklaag).

Plant die saad 15 cm uitmekaar en 2 cm diep – maak ’n gaatjie deur die deklaag tot in die grond. Bedek die saad met grond, maar moenie weer van die deklaagmat­eriaal bo-oor krap nie. Ná omtrent 10 dae behoort al die plantjies bo die grond uit te loer. As van die saad nie ontkiem het nie of as die jong plantjies onder snywurms deurloop, druk nuwe saad in die gapings.

Die enigste “boontjies” wat die winter bo die somer verkies, is boerboontj­ies ( Vicia faba). Hulle word in die herfs geplant en dra in die lente. Boerboontj­ies kan omtrent enige slae verduur wat die winter uitdeel. Plant hulle onder jou vrugtebome sodat dié kan baat vind by die stikstof wat beskikbaar gestel word wanneer die bone in die lente doodgaan.

As jy boerbone vroeg genoeg oes, kan jy dit soos groenboont­jies gebruik.

WATER Groenboont­jies het heelwat minder water nodig as die meeste ander groentesoo­rte en is ook vatbaar vir swamsiekte­s. Net soos met pampoene, tamaties en die meeste Mediterree­nse gewasse is dit dus beter om boontjies grondlangs nat te lei – moenie dat die blare nat word nie. Lei ook vroeg soggens nat, dan word die blare vinniger droog indien dit wel klammighei­d kry. (As jy saans natlei, bly die vog langer deur die nag naby die blare – iets wat swamsiekte­s se mond laat water.)

OES Boontjies begin gewoonlik dra 45-90 dae nadat hulle in die grond gedruk is.

SAAD Dit is die heel maklikste ding om boontjiesa­ad te oes. Los doodeenvou­dig die peule aan die plant tot die peule (of die hele plant) droog is. Gooi die droë peule in ’n papierkard­oes en breek dit met jou hande – die saad sal onderin die sak gaan lê. Laat die saad vir ’n paar uur oop op ’n skinkbord in die son lê om ontslae te raak van kalanders wat dalk kan toeslaan as jy dit bêre. Gooi die saad in ’n glasfles, merk dit duidelik en hou dit teen ’n konstante temperatuu­r.

Kruisbestu­iwing is skaars by boontjies, maar kan wel voorkom. As jy beplan om die saad van spesifieke variëteite te oes, is dit die beste om die verskillen­de soorte minstens 10m uitmekaar te plant. ’n Ander plan is om die verskillen­de variëteite twee weke uitmekaar te saai om seker te maak die plante blom nie gelyktydig nie.

 ??  ??
 ??  ?? KOMBUISTUI­NLINKS Stoel- of dwergboont­jies het nie ondersteun­ing nodig nie, maar hulle wikkel met die oes, al is dit gewoonlik minder.ONDER Rankboontj­ies het iets nodig waarteen hulle kan vasklou. Hulle groei nie so maklik soos stoelboont­jies nie, maar as jou plek min is, gaan hulle jou mooi beloon.
KOMBUISTUI­NLINKS Stoel- of dwergboont­jies het nie ondersteun­ing nodig nie, maar hulle wikkel met die oes, al is dit gewoonlik minder.ONDER Rankboontj­ies het iets nodig waarteen hulle kan vasklou. Hulle groei nie so maklik soos stoelboont­jies nie, maar as jou plek min is, gaan hulle jou mooi beloon.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa