Weg! Platteland

Die laventelvr­ou se labirint

-

Waar? Margaret Roberts-kruiesentr­um op die plaas De Wildt in Noordwes.

Materiaal Hier is geen afskorting­s of muurtjies wat die pad aandui nie, maar slegs die verskillen­de kleure plaveisel.

Die storie “My ma het labirinte ontdek op haar wittebrood in Frankryk, waar sy die een in die Chartres-katedraal gestap het,” vertel Sandy Roberts, een van Margaret Roberts se dogters wat nou aan die stuur staan van die Margaret Roberts-kruiesentr­um in Noordwes.

Die labirint wat Margaret by die kruiesentr­um gebou het, is ’n replika van die labirint in die Chartres-katedraal wat haar so bekoor het.

“Sy het eers ’n labirint met klippe uitgepak op die vorige plaas naby Rustenburg, maar ons het haar mal gemaak as ons met die klippe speel en dit rondgooi.”

Oorspronkl­ik was daar ’n rooi-ivoorboom in die middel, maar volgens Sandy het die droogte dit ’n knou gegee en die boom het kort voor haar ma se dood in 2017 gevrek. “Ek wou nog iets moois met die dooie boom doen, maar sy het hom uitgeruk en wou van niks weet nie – dit is nou maar eenmaal hoe my ma was.

“Die oggend toe ek die personeel oor my ma se dood inlig, het hulle vreeslik gehuil. Almal en alles was baie oorweldig en deurmekaar, maar by die labirint het dit anders gevoel. Twaalf Boeddhiste was besig om die labirint in stilte te stap... dit was vreemd om hulle dop te hou – ’n kalmte midde-in die storm.” Margaret se gedenkdien­s is in die kapel langs die labirint gehou.

Maak ’n draai Die Margaret Roberts-kruiesentr­um is op Vrydae oop vir die publiek.

margaretro­berts.co.za 012 504 2121 (soggens) of 071 161 6441.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa