Waar die verlede én toekoms blom
Skaars twee uur nadat ’n mens deur die hek van die oudste universiteit s tuin in Suid-afrika gestap het, het jy omtrent ’n plantkosmos beleef: fynbos, woestynplante, die trope, ’n vleiland, Afrika-bonsais, ’n varingwoud... en plante waarvan jy nog net in boeke gelees het.
Die botaniese tuin van die Universiteit van Stellenbosch is skaars 1,7 ha groot, maar huisves 3 000 verskillende plantspesies. G’n wonder dis een van die ekoloog Dave Pepler se gunstelingplekke wat hy as ’n “onderskatte juweel” beskryf nie. Die tuin is gerieflik geleë in die middedorp, net reg vir ’n luilekker leersame oggenduitstappie.
Danksy die uitsonderlike bewaringswerk wat hulle doen, is die tuin onlangs deur die bewarings organisasie Botanic Gardens Conservation International aangewys a s’ n“geakkrediteerde bewarings praktisyn ”,’ n toekenning waarmee slegs 10 tuine reg oor die wêreld spog.
“Ons werk hard daaraan om die plantdiversiteit van ons land, maar ook dié van ander wêrelddele, uit te beeld,” sê Stuart Hall, wat as konsultant by die tuin gewerk het tot die aanstelling van dr. Donovan Kirkwood. “En om seker te maak bedreigde plantspesies oorleef. ”
Onder skadunette vertroetel hulle onder meer die kritiek bedreigde inheemse poeierkwas lelie( Hae man
thus pumilio) en inheemse miniatuurwaterlelie( Nymphaea thermarum) wat in die natuur reeds uitgesterf het. Verskeie bedreigde renosterveld-, skaars Vetplant-karoo- en bedreigde endemiese vleilandspesies word ook hier onder Stuart se leiding gekweek.
Stuart vertel hy het dié tuin die eerste keer besoek toe hy 12 jaar oud was, en veral die varingmuur het hom gefassineer. Teen dié watermuur, wat deel vorm van die varingwoud onder skadunet, groei disas, varings en mos reg langs die Katjiepiering-restaurant. Stuart glo dis enig in sy soort.
Nog ’n hoogtepunt is die glashuise. In die tropiese glashuis kan jy sien waar van die bestanddele in jou koskas vandaan kom – kakao, swartpeper en vanielje groei hier in vogtige toestande van 20-30 ºc – en in die vetplanthuis groei die fassinerende Welwitschiamirabilis. Dié hupse ouma en oupa (ja, dit is ’n vroulike en manlike plant) is 92 jaar oud en van saad gekweek deur dr. Hans Herre, wat in 1925 aangestel as die tuin se eerste kurator. ’n Wêreldeerste.
Vandag nog gebruik studente die tuin vir navorsing en praktiese take.
Die uitleg van die tuin, waarmee in 1922 begin is, is geïnspireer deur ’n tuin in Padau, Italië, wat nog net in die for-