Weg! Platteland

MAAK ’N KERSGESKEN­K UIT JOU KRUIETUIN

Min dinge is so lekker as om vriende met iets uit jou tuin te bederf. In die somermaand­e is basilie behoorlik uitbundig, en daarom wys ons jou hoe om binne ’n halfuur met al daai ekstra blare ’n veelsydige basilieoli­e te maak.

- BRON prouditali­ancook.com

JY BENODIG

• ’n glasbottel met ’n kurkprop (ons het

’n leë jenewerbot­tel gebruik) • 2 koppies gekneusde basiliebla­re • 1 koppie olyfolie • growwesout • 1 knoffelhui­sie

SÓ MAAK JY

1Sterilise­er die glasbottel en prop deur dit met skottelgoe­dseep te was en dit dan in kookwater te laat lê. Laat dit behoorlik droog word in die son. 2Pluk genoeg basiliebla­re om twee koppies vol te maak (styf ingedruk). Breek die stingeltji­es teen die blare af en maak seker daar sit geen spinnerakk­ies of goggatjies aan die onderkant vas nie. Sit die blare in ’n vergiettes onder lopende water en spoel dit goed af. 3Blansjeer die basiliebla­re vir een minuut in kookwater. Haal dit uit die water en druk dit goed droog. 4Gooi een koppie blare in die bak van ’n voedselver­werker en gooi die hele koppie olyfolie daarby. Pols die blare fyn. Voeg twee draaie growwesout by die mengsel en voeg die knoffelhui­sie en die res van die blare by. Pols die mengsel weer – jy kan self besluit hoe fyn of grof jy die blare wil kap. 5Gooi die mengsel deur ’n tregter in die glasbottel. Versier dit met ’n plakker en ’n stukkie tou om die nek.

wenk

Dié basilieoli­e is heerlik op ’n geroosterd­e broodjie saam met vars tamatie, maar ook oor ’n geposjeerd­e eier, ’n kraakvars slaai, vis of pasta. Dit sal vir ongeveer ’n week in die yskas hou – gebruik dit dus sommer elke dag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa