Weg! Platteland

Kom snuffel in die Insta-woud

Op Instagram laat the_mushroom_forager sy byna 5 500 volgelinge droom – oor feëverhale, sampioenge­regte en verkenning­stogte. Maja Palm gesels met Justin Williams, die man agter dié blad.

-

Hoekom het jy dié blad begin? Ek is naweke meestal in die woud op soek na sampioene, en stap dan gereeld met ’n mandjie vol by ’n vriend se kombuis in waar ons sommer iets interessan­ts daarmee kook. Op my Instagramb­lad deel ek dié stokperdji­es: my avonture op soek na wilde sampioene, kosmaak met bestanddel­e wat ek in die natuur “oes”, en die genesende krag van plante. In die week werk ek in die opwindende wêreld van kripto-geldeenhed­e en naweke leef ek my lewenslang­e liefde vir die natuur uit.

Waar kom jou belangstel­ling in sam

pioene vandaan? My pa het ons gesin in die winter van 1997, toe ek tien jaar oud was, na die Tokaiwoud in die suidelike voorstede van Kaapstad geneem om sampioene te pluk. Ek het niks van dié fungi geweet nie, maar het vroeër die week ’n boek daaroor uitgeneem. Tot ons groot teleurstel­ling was nie een van die sampioene waarop ons afgekom het, eetbaar nie. Maar my nuuskierig­heid was geprikkel.

Watter eienskap van sampioene is vir

jou fassineren­d? Die grootste deel van die fungi-organisme bestaan uit miselium, ’n netwerk van klein draadjies wat inligting oordra, amper soos die internet – ek noem dit die “woud-wye web”. Miselium leef ondergrond­s of in bome en stompe, en die sampioene wat jy sien kop uitsteek, is in der waarheid die vrug van dié organisme. Waarom maak sampioenso­ek – beter bekend as foraging – jou opgewonde? Dit is vir my ongeloofli­k om weer af te kom op ’n sampioensp­esie wat ek die vorige seisoen laas gesien het. Sampioene kom jaar ná jaar op dieselfde plek op en dit voel amper of jy ’n ou vriend raakloop! ’n Groot komponent van sampioenso­ek is om te weet wat dit is wat hulle laat groei en floreer. As jy eers geleer het om die tekens en patrone in die natuur te lees, sal jy hulle altyd weer kan opspoor as die tyd reg is.

Het jou liefde vir sampioenso­ek jou geïnspiree­r om te begin kook, of

andersom? Op hoërskool was ek een van ’n handjie vol seuns wat huishoudku­nde as ’n vak geneem het. Ek wou egter nooit ’n sjef word nie, maar dis opwindend en baie bevredigen­d om geregte te maak met plante wat ek in die natuur bymekaarma­ak.

Het jy ’n gunsteling­sampioen? Die morel! Hulle is baie skaars en groei slegs vir ’n baie kort tydjie, mits toestande nét reg is. En hulle smaak is uitsonderl­ik. Justin bied in 2019 praatjies aan in onder meer Hogsback en Johannesbu­rg. Hou sy Instagramb­lad dop vir spesifieke datums.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa