Weg! Platteland

Stadige dood vir gif...

- BRONNE theguardia­n.com gardenorga­nic.org.uk beecityusa.org thinkabout­now.com

Die landbouche­miese reus Monsanto is onlangs met $289 miljoen (meer as R4 miljard) beboet nadat dit aan die lig gekom het dié maatskappy het inligting weerhou wat bewys sy onkruiddod­er Roundup is kankervorm­end. Boonop het hulle versuim om verbruiker­s teen dié risiko te waarsku, al was hulle bewus daarvan.

Dewayne Johnson, wat leukemie ontwikkel het nadat hy baie jare lank die tuine en sportterre­in van ’n skool in Amerika as deel van sy werk met Roundup moes spuit, het die hofsaak teen Monsanto aanhangig gemaak. “Ek sou nooit dié produk op die skoolterre­in of naby mense gebruik het as ek geweet het hoe sleg dit vir hulle is nie,” het Johnson in die hof gesê. “Dit is oneties. Dit is verkeerd. Mense verdien beter.”

Daar is glo nóg 4 000 soortgelyk­e sake teen Monsanto in Amerika én ’n petisie is opgestel wat die gebruik van Roundup in skole, sportterei­ne en opbare parke sal verbied.

Frankryk verbied sedert 2017 al die gebruik van enige skadelike chemiese middels in openbare parke, tuine en woude – met sportstadi­ons die enigste uitsonderi­ng. In 2019 gaan die Franse die reël nóg strenger toepas wanneer chemiese middels, wat nog vrylik beskikbaar is in die meeste supermarkt­e en tuinsentru­ms, nie meer vir gebruik in huistuine verkoop mag word nie. Profession­ele tuinmense sal ’n lisensie moet kry. Dié middels is nie net uiters nadelig vir jong kinders nie, maar bestuiwers soos bye en skoenlappe­rs word ook daardeur bedreig.

• Die Amerikaans­e stad Seattle is ’n kampvegter vir ’n gesonder omgewing, en sedert 2001 is 14 van sy openbare parke vrygemaak van chemiese onkruid- en insekdoder­s. Danksy dié toewyding het Seattle die jongste Amerikaans­e stad geword wat “Bee City”-status verwerf. Hulle sluit hulle aan by 72 sulke by-en-skoenlappe­rvriendeli­ke stede reg oor Amerika wat aan sekere vereistes voldoen.

• ’n Ses jaar lange studie deur die veeartseny fakulteit van die Tufts Un i- versity in Medford, Massachuse­tts, het onkruid- en insekdoder­s met twee soorte kankers by honde verbind. By ’n skokkende 19 van die 25 huishoudin­gs wat hulle grasperk spuit, is die chemiese middels in die urine van die gesin se hond gevind.

Tree proaktief op om die onthalwe van jou gesin, gemeenskap, diere, grond, water, bestuiwers en honderde ander voordelige insekte. Alles wat ons op die grond en plante spuit, raak deel van die ekostelsel... en uiteindeli­k deel van ons.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa