Kyk na E­mi­ly Dickin­son se plant­ver­sa­me­ling!

Weg! Platteland - - TUINDAGBOEK - GAAN LOER BY https://li­bra­ry.har­vard.edu/col­lecti­ons/e­mi­ly- dickin­son- col­lecti­on.

Ve­le wer­ke van die ge­lief­de A­me­ri­kaan­se dig­ter E­mi­ly Dickin­son (1830-1886) is deur die na­tuur ge­ïn­spi­reer – dink maar aan ge­dig­te soos “Na­tu­re, the Gent­le­st Mot­her” en “‘Na­tu­re’ is W­hat We See”.

Sy het van kleins af ’n lief­de vir plan­te ge­had: As 14-ja­ri­ge skool­mei­sie het E­mi­ly blom­me in die Am­herst-om­ge­wing (in Mas­sa­chu­setts, waar sy groot­ge­word het) ver­sa­mel, ge­droog en as ’n stok­perd­jie ’n her­ba­ri­um be­gin maak. Dié oor­spronk­li­ke boek van 65 blad­sye en met 424 blom­me vorm deel van die E­mi­ly Dickin­son-ver­sa­me­ling in die Hou­hg­h­ton-bi­bi­li­o­teek aan die U­ni­ver­si­teit van Har­vard.

Om­dat die boek so broos en kos­baar is, is die he­le ver­sa­me­ling nou aan­lyn en in vol­kleur be­skik­baar ge­stel. Dié aan­lyn-her­ba­ri­um be­vat ook ’n vol­le­di­ge bo­ta­nie­se ka­ta­lo­gus en in­deks, wat dit mak­lik maak om spe­si­fie­ke plan­te op te soek. Plek-plek het die jong E­mi­ly ’n plant ver­keerd ge­ï­den­ti­fi­seer of ’n plant­naam ver­keerd ge­spel, iets wat in kas­sies met ek­stra in­lig­ting uit­ge­wys word as jy op “View text” k­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.