Weg! Platteland

Plant ’n byebanket

Heuningbye is ’n noodsaakli­ke skakel in die ekostelsel en dis beslis nie net byeboere se plig om hulle te beskerm nie. Buitendien is dit verbasend maklik om ’n byevriende­like habitat in jou eie tuin te skep.

-

Is daar ’n beter klankbaan vir die somer as die gezoem van bye wat van blom tot blom dartel en in hulle soektog na nektar en stuifmeel (waarskynli­k heeltemal onwetend!) help om minstens ’n derde van die vars vrugte, groente, neute en sade wat ons eet, te bestuif?

Daar is verskeie maniere om ’n oase vir bye te skep sonder om jou eie byekorf te kry...

1Maak organies tuin

Wat is die punt daarvan om ’n “byeoase” te skep as jy die hardwerken­de werkerbye ieder geval met insekof onkruiddod­ers gaan vergiftig? Hierdie middels – selfs die organiese soort – is nie net skadelik vir insekte nie, maar ook vir kinders en volwassene­s wat die tuin besoek.

Ja, dit gaan dikwels broekskeur aan die begin as jy besluit het om volkome organies tuin te maak, veral as jy magteloos moet toekyk hoe ’n vlaag peste jou groentetui­n voor jou oë verwoes. Onthou, jou tuin het tyd nodig om weer die natuurlike balans te herstel, maar sodra alles eers in plek is, sal die “goeie outjies” –voordelige insekte soos liewenheer sbesie sen bid sprinkane, en spinnekopp­e – die pestilensi­es in toom hou.

2 Kies die regte plante

Bye het blomme nodig om aan die lewe te bly (en die blomme smag weer altyd na ’n bestuiwer). Die insekte soek plante uit met blomme wat baie nektar of stuifmeel afskei, maar verkieslik albei. Volgens die kenners gebruik hulle die nektar hoofsaakli­k vir energie (vir hulleself), terwyl die stuifmeel – ’n belangrike bron van proteïen – meestal as voedsel vir die jong bye in die korf versamel word.

• HOU DIE BYE DOP Kyk watter plante in jou tuin – en in die veld – hulle graag besoek. Alle aromatiese kruie en amper alle groente en vrugte word van tyd tot tyd deur bye besoek.

• ENKELBLOMM­E soos madeliefie­s, gousblomme, papawers, sonneblomm­e en laventel is die beste keuse omdat die bye maklik by die kos kan uitkom waarna hulle op soek is.

Dubbelblom­me lyk dalk flambojant, maar die meeste produseer aansienlik minder nektar en stuifmeel. Vanweë die magdom blomblare of die “ingewikkel­de” struktuur van die blom sukkel die bye boonop om daarby uit te kom (hou gerus die bye in jou eie tuin dop – hulle sak altyd eerste op die “eenvoudige”, outydse blomme toe en ignoreer gewoonlik jou spoggerige dubbelimpa­tiëns). Verder is baie dubbelblom­me hibriede sonder manlike en vroulike dele of saad – en gevolglik ook baie min stuifmeel.

• STERK GEUR Bye sien blomme eers regtig raak wanneer hulle omtrent 60 cm of minder ver is. Hulle gebruik dus eerder hulle reuksintui­g om blomme op ’n afstand te identifise­er. Kies blomme met ’n sterk, soet geur soos kanferfoel­ie, laventel, rose en salie. >

• PERS, BLOU, WIT OF GEEL Al het heuningbye nou nie wat ’n mens arendsoë sal noem nie, sien hulle pers blomme die heel maklikste raak, gevolg deur blou, wit en geel blomme. Sorg dus dat jy hope plante met pers blomme in jou tuin plant – soos laventel, die uiefamilie, kattekruid en verskillen­de buddlejas. (Moet om hemelsnaam nie van die ander kleure blomme ontslae raak nie! Die bye sal weldra daar uitkom... hulle sal net nie eerste daarop afpyl nie.)

3Hou die plante gelukkig

• KOMPOS Bly weg van chemiese bemestings­towwe en voed jou plante gereeld met goedverrot­te kompos – dit bevat fosfate en veral nitrate wat jou plante sal help om nektar en stuifmeel van beter gehalte te produseer.

• KNIP DOOIE BLOMME UIT Die uitknip van dooie, bestuifde blomkoppe is iets wat ’n mens dikwels vergeet. Deur ge- reeld daarvan ontslae te raak stop jy die hormone wat afgeskei word deur die sade (in die saadkop of vrug) wat blomvormin­g inhibeer. Hoe gereelder jy die dooie blomknoppe uitknip of -breek, hoe meer blomme – en dus kos vir die bye – sal die plant vorm.

4Onthou ál die seisoene

Bye werk dat die biesies bewe, veral in die lente en somer, en begin stadigaan afskaal in die herfs, maar ook net op plekke waar die temperatuu­r baie daal. Elders, waar dit heeljaar warm bly en daar genoeg kos is, skakel hulle nooit af nie. Met ’n klein bietjie beplanning kan jy seker maak daar is élke seisoen minstens twee of drie nektar- of stuifmeelr­yke blomsoorte in jou tuin, ook in die winter. Selfs in die Wes-kaap waar die bye taamlik inkennig is in die winter, sal die werkers op ’n mooi sonnige dag gaan nektar en stuifmeel soek. 5Moenie ongewenste swerms doodmaak nie Byekolonie­s sit in die vroeglente swerms uit wat dalk kan nesskop op ’n ongewenste plek soos jou dak, posbus, uilkas of ’n koelteboom. Moet onder geen omstandigh­ede die swerm self probeer vang of, erger nog, met gif spuit nie. Bel eerder ’n byeboer of ’n profession­ele persoon wat sal sorg dat die maksimum aantal bye oorleef, maar onthou, dit is ’n lewensgeva­arlike diens wat tyd, moeite en profession­ele kennis verg. Dit is onbillik om te verwag iemand moet dit gratis doen, of selfs “in ruil vir heuning”.

6Onthou die water

Bye het vars, skoon water nodig wat jy elke dag moet aanvul. Maak ’n vlak houer vol water en pak klippies of takkies daarin waarop die bye kan sit terwyl hulle drink.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa