Weg! Platteland

SA padda bekoor Japannese

-

Hier by Platteland verkneukel ons ons elke uitgawe aan die prent waarmee Diek Grobler vorendag kom vir ons agterste rubriek, “So is die lewe” (bl. 144). Hy behartig al sedert die eerste uitgawe dié illustrasi­e en laat ’n mens altyd nadink – en meestal glimlag. Maar Diek is ook ’n skilder, beeldhouer én bekroonde animasieku­nstenaar. Hy en Charles Badenhorst het in 2005 die maatskappy Fopspeen Moving Pictures begin, en saam het hulle uit ’n buitekamer in Pretoria al vier animasiepr­ente gemaak wat wêreldwyd opslae maak. Hulle jongste prent, Net een slukkie, Padda!, ’n verhaal oor waterbespa­ring waarin die illustrasi­es van Diek se broer Piet Grobler op die skerm lewe kry, het by die onlangse Internasio­nale Animasiefe­es in Hiroshima, Japan, weggestap met ’n spesiale prys – ’n sonderling­e prestasie as ’n mens in ag neem dit is die belangriks­te animasiefe­es in die Ooste wat vanjaar nie minder nie as 2 800 inskrywing­s van reg oor die wêreld gelok het. Danksy die prys het Fopspeen nou ’n internasio­nale verspreide­r vir die fliek gekry, maar jy kan die DVD direk by Diek bestel met die Afrikaanse én Engelse weergawe van Net een slukkie, Padda! daarop plus Het vogeltjes ABC, een van Fopspeen se vorige animasiefl­ieks, as toegif. Wat ’n lekker Kersgesken­k – vir jonk én oud! Prys R120 (posgeld ingesluit) Kontak diek@fopspeen.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa