Weg! Platteland

IN ’N NEUTEDO(R)P

-

Hoe ver van die grootstad af? Hazyview is die naaste dorp en lê 55 km ver, maar omdat die spoedgrens in die wildtuin 50 km/h is, neem dit 60-90 minute om soontoe te ry. Witrivier is 100 km en Nelspruit 120 km weg.

Geriewe Al is daar ’n personeelw­inkel op die dorp én die ruskamp se toeristewi­nkel, doen die meeste inwoners hulle maandeliks­e inkopies op Hazyview. Hier is wel twee dokters, ’n gimnasium, kitsbank en vulstasie.

Naaste hospitale Daar is staatsklin­ieke op Hazyview, maar die naaste private hospitaal is in Nelspruit.

Aftreeoord­e Witrivier en Nelspruit het ’n verskeiden­heid aftreeoord­e.

Skole Daar is ’n laerskool op Skukuza met 250 leerlinge. Ouers stuur hulle hoërskoolk­inders koshuis toe op Sabie (100 km), Witrivier en Nelspruit.

Naaste Woolies Nelspruit, 120 km.

Munisipali­teit Skukuza val onder die Ehlanzeni-distrik, maar die park voorsien self die basiese dienste.

Groot gedoentes Ongeveer 1 500 atlete neem jaarliks deel aan die Skukuzahal­fmarathon, ’n resies wat mense van heinde en ver na die wildtuin toe lok. Die roete loop deur Skukuza, maar ook verlangs om die dorp, en daarom word ’n helilopter en wildbewaar­ders twee uur voor die wedloop uitgestuur om alle grootwild skrik te maak. In 2019 tree die atlete op 3 Augustus aan.

krugerpark­mc.co.za 076 737 9732

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa