Weg! Platteland

Eet, drink, wees plesierig Doen, drentel en koop Ma, ek is honger!

-

Skukuza-gholfklub

Die gholfklub, wat een van die gewildste kroeë op die dorp huisves, het ’n prentjiemo­oi uitsig oor die blink water van Lake Panic. Hier word ook kos bedien en ’n mens sien gereeld njalas, vlakvarke en seekoeie – ja, selfs op die setperk! Die gholfbaan is oop vir die publiek. 013 735 5543

The Parks-winkel

Die toeriste-en-geskenkwin­kel in die Skukuza-ruskamp het ’n groot verskeiden­heid van ware te koop – van drank en kos tot klere en dekor – maar natuurlik teen ’n stewige prys. 013 735 4196

Skukuza-inheemsepl­antkwekery

Die kwekery lê naby die gholfbaan en ’n mens kan ook deur Lake Panic se voëlskuili­ng daar uitkom; dit is hoe toeriste en besoekers ry om inheemse plante te koop. 060 822 0803 Cattle Baron Grill & Bistro Die hoofrestau­rant in Skukuza se kamp lê op die Sabierivie­r en het oorgenoeg sitplek binnenshui­s, buite op ’n dek en al om die koeltebome. As jy haastig is, gryp vir jou ’n wegneemete by die kleiner kafee langsaan. 013 735 0209

Pretoriusk­op se Wimpy

Party Sondae ná kerk ry gesinne deur Pretoriusk­op toe vir ’n laatontbyt of ’n luilekker dag langs die swembad. 082 053 9006

Blyplek

Laerskool Skukuza-gastehuis Die gastehuis is nie amptelik oop vir die publiek nie, maar vir spesiale geleenthed­e kan ’n plan gemaak word. 013 735 5604

Skukuza-ruskamp

Die Kruger se grootste ruskamp. Jy kan kamp of in ’n safaritent slaap, én daar’s bun

galows en gastehuise. 013 735 4265

 ??  ?? Skukuza-inheemsepl­antkwekery
Skukuza-inheemsepl­antkwekery
 ??  ?? Skukuza-gholfklub
Skukuza-gholfklub
 ??  ?? Laerskool Skukuzagas­tehuis
Laerskool Skukuzagas­tehuis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa