IN WON­DER­LAND

Hoe be­waar en bring ’n mens hul­de aan ’n leef­tyd van fees­te­li­ke e­tes en ’n vol­slae ver­sa­mel­lus – van kuns, kos­ken­nis, plan­te en goud­ge­wig­gies tot draad­fiet­sies, vo­ël nes­sies en plat­ge­trap­te ver­kleur­man­ne­tjies? Vrien­de van Hen­drie­ka S­chmitt van S­tan­der­ton

Weg! Platteland - - Versteekte Geheim - TEKS JO­HAN VAN ZYL FO­TO’S PE­TER VAN NOORD

Die op­per­go­din van die sin­tuie woon nié in ’n land ver, ver van hier nie. An­ders as wat spro­kies ’n mens pro­beer wys­maak, skop dié voor­slag al se­dert ein­de 1967 nes in ’n on­op­val­len­de straat, ag­ter ’n on­op­val­len­de muur, op ’n op­val­lend ver­niel­de ny­wer­heids-en-boe­re­dorp – in M­pu­ma­lan­ga van al­le plek­ke.

Maar op die sy­paad­jie bui­te Hen­drie­ka en Je­an-charles S­chmitt se huis is daar tóg iets wat op­let­ten­de ver­by­gan­gers snuf in die neus kan gee, iets wat sê: “Moe­nie ver­baas wees as jy oor hier­die drum­pel tree en dan soos A­li­ce in die haas­gat weg­ge­voer word na ’n won­der­wê­reld van ku­ri­o­si­tei­te nie.”

Hier­die “lei­draad” is ’n to­rin­kie, skaars knie­hoog­te, van vyf klip­pe wat per­fek ge­ba­lan­seer en son­der e­ni­ge se­ment op me­kaar ge­sta­pel staan, kom­pleet as­of hul­le eeue al vir me­kaar be­stem is en bloot ge­wag het op ie­mand met “die oog” om hul­le in ge­lid by­een te bring. Ie­mand soos Hen­drie­ka S­chmitt (née De Haan), die in­cog­ni­to op­per­go­din van die sin­tuie.

Soos dit ’n ge­bo­re kuns­te­naar be­taam, het Hen­drie­ka nie nét “die oog” nie. Ie­der­een wat al so ge­luk­kig was om in hier­die haas­gat af te foe­ter tot in die S­chmitts se huis of a­tel­jee – of wat so be­voor­reg was om aan te sit vir ’n voor­tref­li­ke fees­maal of ’n kop­pie kof­fie met ’n sny peer-en-kar­de­mom­tert – sal weet Hen­drie­ka be­sit bo en be­hal­we “die oog” ook die tong, die oor, die neus, die tas­sin, die e­wig ont­glip­pen­de ses­de sin­tuig én die twee nu­wer­wet­se “sin­tuie” wat die slim men­se in­tus­sen ge­ï­den­ti­fi­seer het: die ves­ti­bu­lê­re stel­sel wat jou lig­gaam se “per­sep­sie” in ver­hou­ding tot swaar­te­krag, ba­lans en be­we­ging be­heer (dis by­voor­beeld hoe jy weet of jy staan of lê of in ’n hys­bak be­weeg) en pro­p­ri­o­sep­sie, of­te­wel die sin­tuig wat sorg dat jou lig­gaams­de­le weet waar hul­le in ver­hou­ding tot me­kaar (en die om­ge­wing) is en hoe­veel in­span­ning no­dig is om dit “reg” te be­weeg (by­voor­beeld hoe hard jy op ’n pot­lood moet druk om te skryf of hoe jy met jou bot­toe oë steeds kan han­de klap). DIE WONDERBAARLIKSTE om­trent die spro­kie van die Frans­man Je­an-charles S­chmitt en die Wits-kuns­stu­dent Hen­drie­ka de Haan is waar­skyn­lik dat dit wáár is. Dit be­gin in die vroeë ja­re ses­tig, let­ter­lik in die he­mel, op ’n vlug tus­sen die des­tyd­se Lou­renço Mar­quez en Lon­den. Hen­drie­ka en twee klas­maats het lank ge­spaar om En­ge­land en Eu­ro­pa te be­soek. Só be­land sy uit­ein­de­lik in ’n ou Doug­las DC-6 op ’n sit­plek reg­oor Je­an-charles, ’n boor­ling van Vil­leur­ban­ne noord­oos van Lyon, wat in daar­die s­ta­di­um ge­werk het by ’n groot teks­tiel­fa­briek op S­tan­der­ton, die dorp waar­heen hy in 1951, as 15-ja­ri­ge, saam met sy ou­ers ge­ë­mi­greer het.

Je­an-charles het oom­blik­lik ’n o­gie op die mooi kuns­stu­dent en vra haar te­le­foon­nom­mer. We­ke la­ter bly hy op haar spoor, by­na ver­geefs, maar ge­luk­kig is Hen­drie­ka die der­de keer tuis en be­ant­woord die foon… Op 19 De­sem­ber 1964 trou die twee en Hen­drie­ka trek S­tan­der­ton toe, ’n dorp wat des­tyds met ver­skeie teks­tiel­fa­brie­ke en ’n sterk boe­re- en im­mi­gran­te ge­meen­skap ge­spog het .>

Hier word hul­le twee dog­ters, Ni­co­le (dees­dae van P­re­to­ria) en Mi­chel­le (’n re­ken­mees­ter in Ka­na­da), ge­bo­re én hul­le blaas ’n klein for­tuin – R1 500! – op ’n ou bur­ge­rerf, van­dag moont­lik die e­nig­ste een op die dorp wat nog nie op­ge­snip­per en on­der­ver­deel is nie, en vra die be­faam­de Jo­han­nes­burg­se ar­gi­tek Mi­cha­el Sut­ton om vir hul­le ’n huis te ont­werp – ’n plek wat nog net so ei­e­soor­tig mo­dern voel soos toe hul­le meer as 50 jaar ge­le­de hier in­ge­trek het.

“My vrien­din en men­tor, die kuns­te­naar Ce­ci­ly Sash, wat ek des­tyds ge­help het met haar groot mo­sa­ïek­wer­ke by die ou Trans­vaal­se Pro­vin­si­a­le Ad­mi­nis­tra­sie­ge­bou in P­re­to­ria en die ou Jan S­muts­lug­ha­we, het vir Mi­cha­el ge­ken. Ons het hom gaan sien met ’n klomp i­dees en prent­jies uit ou El­le­tyd­skrif­te en ook baie van die bou­ma­te­ri­aal twee­de­hands ge­koop by slo­pings maat­skap pye–van te­ëls e nou ki­aat ven­ster­ra­me tot deu­re uit die ou Car­l­ton­ho­tel of ons voor­deur, wat uit die eer­ste Stan­dard Bank op S­tan­der­ton kom,” ver­tel sy.

In 1970 be­gin Hen­drie­ka en Je­anC­har­les hul­le eie be­sig­heid, Coq d’or (Die goue haan), waar Hen­drie­ka die oor­spronk­li­ke gra­fie­se kuns­wer­ke (met Moe­der Na­tuur as in­spi­ra­sie) skep en Je­an­charles dit druk op goeie ma­te­ri­aal, wat met ver­loop van tyd in e­nig­iets van kle­re, hand­sak­ke en ta­fel­lin­ne tot kus­sing­slo­pe, vat­lap­pe en speel­goed ver­an­der is.

“Dit is ver­by; ons is nou af­ge­tree,” sê Hen­drie­ka non­cha­lant, “en die bes­te was ie­der ge­val die won­der­li­ke men­se wat ons só ont­moet het.”

Die S­chmitts se won­der­land is lank­al nie meer net ’n tuis­te vir men­se, ou bou­ma­te­ri­aal en hul­le eie werk nie. Hier is won­der­li­ke kuns (van E­do­ar­do Vil­la tot Ce­ci­ly Sash tot Ju­dith Ma­son – “om­trent al­les ruil­tran­sak­sies”, keer Hen­drie­ka vin­nig). Hier is hand­werk >

BO LINKS Met 78 so­mers ag­ter die blad is Hen­drie­ka ’n won­der­li­ke sto­rie­ver­tel­ler met ’n goed ont­wik­kel­de hu­mor­sin.LINKS In die groot leef­ver­trek staan ’n re­pli­ka van ’n S­kot­se skaak­stel uit die 11de eeu wat in die B­ri­tish Mu­seum in Lon­den be­waar word. (’n Ge­deel­te van die stel steek uit op die fo­to hier­naas op die oor­kant­ste blad.) BO Die S­chmitts se kom­buis, van bui­te ge­sien. Hen­drie­ka het self die pa­neel­tjies ge­he­kel wat sorg vir ’n ma­te van pri­vaat­heid, maar steeds ho­pe na­tuur­li­ke lig deur­laat.

ON­DER LINKS Hen­drie­ka noem dié blom­me Ys­land­se i­ris­se; an­der praat van Si­be­rie­se i­ris­se. ON­DER REGS Cai­nus (K­lein­boy) Ra­de­be, die S­chmitts se tui­nier, het die mees­te van dié fiet­sies met fyn ko­per­draad ge­maak. HEEL ON­DER LINKS ’n Vet­plant­jie peul uit tus­sen die klip­ter­ras­se in die ag­ter­tuin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.