Weg! Platteland

Onderstebo peeren-kardemomko­ek

-

Hendrieka het Platteland met dié verruklike koek (foto heel links op hierdie blad) uit

Hendrieka’s Favourite Recipes bederf. Genoeg vir 6-8 Bereidings­tyd 30 minute Baktyd 25-30 minute

JY BENODIG

• 4 ferm, ryp pere (Bosc of Forelle) • 1¼ koppie (310 ml) suiker • 150 g botter • heel amandels • 1½ koppie (375 ml) witbroodme­el • 1½ teelepel (7,5 ml) bakpoeier • ¾ teelepel (3,75 ml) fyn kardemom • ¼ teelepel (1,25 ml) sout • 1 groot eier • ¾ teelepel (3,75 ml) vanieljege­ursel • ¾ koppie (180 ml) volroommel­k

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 170 ºc. Skil die pere, sny elkeen in die lengte middeldeur en sny die klokhuis uit. Gooi ’n halwe koppie (125 ml) van die suiker in ’n bord en druk die halwe pere met die gesnyde kant na onder in die suiker.

Verhit 60 g van die botter in ’n gietysterp­an of spuit dit goed met kleefweren­de kossproei. Haal die pan van die hitte af en pak die pere met die gesnyde kant na onder in die pan. Druk ook ’n amandel in die holte van elke halwe peer (voeg gerus ekstra by, as jy wil). Sprinkel die suiker wat oorbly van die 125 ml wat jy in die bord gestrooi het, om die pere. Laat dit vir omtrent 15 minute oor mattige hitte braai tot die suiker begin karamellis­eer. Haal die pan van die plaat af.

Sif die meel, bakpoeier, kardemom en sout saam. Klits die res van die suiker en die orige 90 g botter saam tot dit lig en donsig is. Voeg die eier en vanieljege­ursel by en klits dit weer goed. Meng nou die meelmengse­l en die melk om die beurt in drie sarsies by die suikermeng­sel in. Skep die beslag oor die pere sonder om die pere te skuif.

Bak dit vir 25-30 minute in die oond, haal dit uit, gaan met ’n dun mes om die rand van die koek en keer dit dan onderstebo uit op ’n bord. Tik die boom van die pan om seker te maak alles kom los.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa