Weg! Platteland

Die waarde van bome

-

Marietjie lewer soms praatjies oor haar eie pad met bome. Die volgende gedeelte kom uit een van dié toesprake:

“Volgens die Duitse digter en filosoof Herman Hesse is bome heiligdomm­e: toevlugsoo­rde, skuilplekk­e, veilige hawens. As ons geleer het om na bome te kan luister, sê hy, is ons by die huis. Dit is wat geluk is, sê hy. In sy boek Trees: Reflection­s and Poems maak hy ’n saak uit, filosofies, dat bome die sleutel is tot begrippe soos waarheid, skoonheid, onderdak, samehorigh­eid en blydskap.

Die huidige opbloei, wêreldwyd, in sogenaamde nature writing is deels as gevolg van ’n kollektiew­e besorgdhei­d oor die welsyn van Planeet Aarde.

Fiona Stafford, liefhebber van bome van kindertyd af, en skrywer van The Long, Long Life of Trees, is van mening dat bome ’n wêreld binne hulleself skep. Sy vind iets baie vertrooste­nd in ’n groot, bekende objek (soos ’n boom) wat so vol lewe is, maar wat nét sagkens al die dinge (en dingetjies) versorg wat onder sy dak is.

Bome, sê sy, verbind ons aan ander én aan die verlede en die toekoms. Bome maak ’n appèl op die sintuie: vars geure, die geluid van blare wat ritsel, voëlsang, die tekstuur van boombas. En bome verbind ons aan mekaar. Aan dié wat ons ruimte deel, gedeel het en sal deel. Deur ’n boom te plant, al neem dit 200 jaar om tot wasdom te groei, plaas jy jou vertroue in die toekoms en bied ’n geskenk aan die geslagte wat ná jou kom. Om ’n boom te plant is om visie te hê.

Ek sluit af met Herman Hesse, ’n metafories­e “tree hugger”, wanneer hy van bome sê: In die toppe van bome ruis en ritsel die aarde, in hulle wortels rus die oneindighe­id, maar hulle bly nie daar nie, stagneer nie daar nie (volgende jaar); hulle worstel kragtig om hulleself te vervul volgens hulle eie “boomwette”; om hulleself (as spesie) te verteenwoo­rdig, te vertoon: Só lyk ’n boom. Só moet ’n boom lyk. Hesse sluit af met: Niks is so mooi soos ’n lieflike, sterk boom nie.

Mag dit van vandag af ook van ons gesê word: Dat ons in ons menswees kragtig sal groei, nié sal stagneer nie. Niks is so mooi soos ’n lieflike, lewenskrag­tige mens – in enige fase van sy lewe nie .”

 ??  ?? Die Fluisterbo­om se ewe indrukwekk­ende dog veel jonger kleinboet staan aan die ander kant van die huis en is die Luisterboo­m gedoop. Kyk net die komieklike palmboom wat reg in die middel van die Luisterboo­m opgekom het en nou al bo die blaarkroon uittroon.
Die Fluisterbo­om se ewe indrukwekk­ende dog veel jonger kleinboet staan aan die ander kant van die huis en is die Luisterboo­m gedoop. Kyk net die komieklike palmboom wat reg in die middel van die Luisterboo­m opgekom het en nou al bo die blaarkroon uittroon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa