Weg! Platteland

Varkterrie­n met port en pistasiene­ute

-

Dié heerlike terrien is glad nie moeilik om te maak nie, maar verg wel ’n bietjie tyd. Maak dit ’n dag voor jou feesgeleen­theid, want dit moet in die yskas staan om goed ferm te raak én sodat die geure behoorlik kan ontwikkel. In ’n lugdigte houer sal dit ’n week lank in die yskas hou.

Genoeg vir 10-12 Bereidings­tyd 30 minute plus afkoeltyd oornag Gaarmaakty­d 2uur

JY BENODIG

• 1 eetlepel (15 ml) botter

• 1 eetlepel (15 ml) ekstrasuiw­er olyfolie • 1 ui, fyngekap

• 3 knoffelhui­sies, fyngekap • afgestroop­te blaartjies van

3 tiemietakk­ies

• 6 salieblare, fyngekap

• 250 g gerookte strepiespe­k

• ongeveer 800 g swoerdlose varkvleis (lende, blad, nek of repe) met ’n bietjie vet aan, in stukke gesny

• 250 g vars hoenderlew­ers

• 1 koppie (250 ml) port

• 1 teelepel (5 ml) gerasperde neutmuskaa­t

• ½ teelepel (2,5 ml) fyn wonderpepe­r

(allspice)

• 1 teelepel (5 ml) fyn sout

• ½ teelepel (2,5 ml) varsgemaal­de

swartpeper

• 100 g pistasiene­ute (sonder doppe) • piekels, jellies of bosbessies met port

om voor te sit

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 180 °C en voer ’n broodpan van 30 x 11 x 7 cm met bakpapier uit – laat die papier oor die kante hang sodat jy dit later oor die terrien kan vou.

Verhit die botter en olie in ’n groot pan oor matige hitte. Voeg die ui, knoffel, tiemie en salie by en braai alles saam tot die ui deurskynen­d is, maar nog nie bruin nie. Haal dit van die plaat af en laat dit eenkant afkoel.

Pak die spekrepies oor die breedte van die broodpan styf langs mekaar – dit moenie oorvleuel nie. Hou ’n paar repies eenkant wat jy later bo-op kan pak.

Skep die koue uiemengsel saam met die varkvleis, hoenderlew­er, port, neutmuskaa­t, wonderpepe­r, sout en peper in ’n voedselver­werker en pols alles saam tot jy ’n growwe smeer het wat soos maalvleis lyk. Skep dit uit in ’n mengbak en roer dan die pistasiene­ute by.

Skep die vleismengs­el in die broodpan en maak die bokant met ’n spatel gelyk. Pak die laaste spekrepies bo-op en vou die terrien met die bakpapier toe – gebruik ekstra bakpapier, indien nodig. Seël die terrien met foelie wat jy stewig om die rande vasdruk. Sit die pan in ’n groot oondpan en gooi genoeg warm water by (warm kraanwater is doodreg) sodat net 2-3 cm van die broodpan uitsteek.

Bak die terrien vir 2 uur. Haal die oondpan uit die oond en lig die broodpan versigtig uit. Sit die broodpan vir 30 minute op ’n draadrak sonder om die foelie of bakpapier te verwyder.

Pak nou gewigte op die terrien – dit is ’n belangrike stap om die vleis te kompakteer sodat dit makliker gesny kan word wanneer dit koud is. Sny ’n stuk karton wat net so groot is soos die binnekant van die broodpan se bokant. Sit dit bo-op die terrien met die gewigte bo-op – ek gebruik drie blikkies kos. As die terrein heeltemal afgekoel het, sit dit vir minstens 4 uur, maar verkieslik oornag in die yskas mét die blikkies bo-op. Daar kan dalk vloeistof in die pan wees – moenie skrik nie; dit sal jellie word en in die terrien geabsorbee­r word.

Wanneer jy reg is om op te dien, maak die lae bakpapier bo-op oop en keer die terrien op ’n opdienbord uit. Trek versigtig die papier af. Sny die terrien in skywe en sit dit voor met piekels van jou keuse of bosbessies wat jy vir 10 minute saam met ’n kaneelstok­kie in port laat prut het. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa