Weg! Platteland

Salm met steenvrugs­alsa

-

Hierdie voorgereg is elegant en vars. Moenie dat die soutpiekel­metode jou afskrik nie – dit is baie eenvoudig.

Genoeg vir 4

Bereidings­tyd 10 minute plus 4 uur

JY BENODIG

• 4 lemmetjies

• 110 g strooisuik­er

• 150 g kosjer growwesout • 225 g salmfilet

• 2 nektariens

VIR DIE SALSA

• 1 rooiui, fyngekap

• ½ koppie (125 ml) gekapte

koljanderb­lare

• 1 jalapeñori­ssie, fyngekap

• 1 koppie (250 ml) nektarieno­f perskeblok­kies

• 1 koppie (250 ml) pruimof appelkoosb­lokkies

• sap en gerasperde skil van 1 lemmetjie

SÓ MAAK JY

Rasper die skil van 3 van die lemmetjies en druk die sap uit. Meng die sap en skil met die suiker en sout. Sit die vis op ’n plat metaalpan en druk die soutmengse­l daarop vas. Sny die orige lemmetjie en die nektariens in dun skyfies en druk dit oraloor die soutmengse­l op die vis vas. Sit kleefplast­iek oor die vis met ’n snyplank bo-op wat jy met ’n paar blikkies kos – boontjies of tamaties of wat ook al – vaspak. Sit die vis vir 4 uur in die yskas om te “marineer”.

Wanneer jy reg is vir eet, haal die vis uit die yskas en spoel die soutlaag onder lopende koue water af. Druk die vis droog en sny dit in dun skyfies.

Meng al die bestanddel­e vir die salsa saam. Sit skyfies vis voor met die salsa en geniet dit saam met rogbrood.

wenk As jy die vis eerder warm wil voorsit saam met die koue salsa, kan jy dit vir 10 minute bak teen 180 ºc. Was net eers die sout af en druk die vis droog.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa