Weg! Platteland

Ons lesers het weer baie op die hart, oor alles en nog wat

-

6

Sedert die geboorte van Platteland, soos julle dit stel in die Somer 2019-’20-uitgawe, het ek nog elke liewe uitgawe gekoop en dit is netjies in ’n pakkie, van #1 tot #24 (nou #25), opgestapel in my boekrak.

Na aanleiding van die brief “Waarom die negatiewe dinge?” (#25): Mense wat op klein dorpies bly, dra ’n gevoel in hulle hart saam. Dit is iets wat jy nie kan beskryf nie, en beslis nie iets wat ’n verbygange­r sal ervaar nie. Verbygange­rs kyk, maar sien nie!

Dit is ’n gevoel van lojaliteit en liefde, en dit is juis hoekom die dorpies so diep in jou hart kruip. Al is die strate vol gate. Al is die winkeltjie­s nie perfek nie. Al is daar soms nie water nie. Al is almal nie soos jy nie.

Hier praat die bure nog oor die draadheini­ng. Hier vind jy rus. Hier vind jy stilte. Hier vind jy vrede. Hier bel ons mekaar teen sononder en spreek af hoe laat ons mekaar gaan kry vir ’n sonsonderg­ang-“cheers”. Hier kan jy twaalfuur in die nag in die einste straat vol gate rondstap sonder om bang te wees. Hier gaan kuier jy tot in die middel van die nag in die plaaslike kroeg en hoor die mooiste, interessan­tste en opregste stories. In die kroeg word die kitaar uitgehaal en die hele dorp sing saam. In dieselfde kroeg drink jy jou koffie en eet tjoklitkoe­k. Jy kan net jouself wees en vir jouself én vir simpel grappies lag.

Hier in die dorpie, met al sy foute, leef jy!

Dit is die lewe wat ’n verbygange­r nooit sal ervaar nie. Dit is die lewe wat perfek is, al is die dorpie vervalle. Die volmaakthe­id van

’n dorpie is ’n hartsgevoe­l.

Aan die Karoo se inwoners wat bekommerd is: Met my volgende Karoovakan­sie sal ek ’n punt daarvan maak om die gemelde dorpies te besoek. As platteland­er weet ek elke dorpie het die oulikste koffiedrin­kplek, gewoonlik in die oudste gebou op die dorp. Dié koffiedrin­kplekke sal getooi wees met regte, egte platteland­se liefde – dieselfde liefde wat jy in die koffie en tjoklitkoe­k kan proe.

In kort: Dit is die mense wat ’n dorp maak. Salome Botes, SWAKOPMUND

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa