Weg! Platteland

Op Ohrigstad is ’n buurman jou beste vriend

- TEKS EN FOTO’S MIA LOUW

Die meeste mense op Ohrigstad stem saam hulle dorp is op drie hoofpilare gebou: die boere, die skool en die kerk. In dié droë, ongenaakba­re landskap van Limpopo leer mense al van die Voortrekke­rs se dae af hoe om aan te pas en mekaar by te staan.

Geloof en humor. Dít is wat jy volgens ou Ohrigstadt­ers nodig het om in die vallei te floreer. Skaars 48 km noord van Lydenburg, net oor Limpopo se grens en in die hart van in ’n groot boerderyge­meenskap, lê dié bosvelddor­pie.

Ohrigstad is in 1845 gestig deur ’n groep Voortrekke­rs onder die aanvoering van Andries Hendrik Potgieter. Aanvanklik is die plek Andries Orieg Stad genoem, maar vandag dra dit die naam van ’n Nederlands­e handelaar wat met die stigting gehelp het. “Maar Gregorius Ohrig se rol was uiteindeli­k nie te groot nie,” sê Jan Ferreira, ’n geskiedeni­skenner van die vallei.

Jan, wat in dié wêreld grootgewor­d het, boer vandag met macadamias, saadmielie­s, saadbone en patats. “My voorsaat het saam met die Voortrekke­rs Ohrigstad toe gekom. Ons is ’n paar families wat al van daai tyd af hier is.”

Sy vrou, Ronnie, het eers later aangeland. Sy het in 1973 begin skoolhou by die Laerskool Ohrigstad en toe in 2014, ná 15 jaar as hoof, afgetree. “Ek is Engelsspre­kend,” sê sy. “Toe ek hier aankom, het almal my omtrent aangekyk asof ek ’n kommunis is!” Sy het vinnig geleer om haar beskikbaar te stel vir ’n gemeenskap wat voortduren­d daar is vir mekaar, en vandag kan ’n mens skaars agterkom haar agtergrond is Engels.

“Ohrigstad is hoofsaakli­k besproeiin­gsboerdery­wêreld,” gesels Jan oor die dorp. “Ons word omring deur berge en dit is nie eintlik ’n omgewing vir wild of vee nie.”

Maar dit is dróóg in die vallei. Van die gemiddelde jaarlikse reënval van 450 mm was daar die afgelope drie jaar nie eintlik sprake nie, en die Ohrigstadd­am het einde laasjaar op 5% gestaan. Die rivier staan al ’n jaar. Almal, ook die dorp, gebruik boorgatwat­er, en dít danksy ’n boer.

“Weens die droogte het die boere ook minder geword,” sê Jan. Aanvanklik het almal tabak geplant, tot dit in die jare tagtig doodgeloop het. Daarna het die boere “rondegedwa­rrel”: koljander, pikantriss­ies, paprika, pietersiel­ie, en deesdae plant hulle hoofsaakli­k sitrus, macadamias, saadmielie­s, saadbone en koring. Die landerye in die vallei is klein en boere moet intensief boer.

Een van die Ferreiras se seuns boer saam met Jan. “Ons is free spirits,” glimlag Ronnie. “Ons sit nie ons kinders in kassies nie: Die een is ’n boer, die >

‘Ons sê gereeld in dié wêreld is ’n goeie buurman baie meer werd as ’n goeie vrou. Dit is taamlik maklik om ’n ander vrou te kry, maar dis byna onmoontlik om ’n ander buurman te vind.’

ander ’n geoloog in Johannesbu­rg en die jongste, Xander, ’n kunstenaar in New York. Hy het in Suid-afrika onder die naam Gazelle opgetree. Hy sing daai liedjie ‘Sorrie Pappa ek moes die plaas verlaat, want ek mis die disco-ligte’.”

Jan en Ronnie sê hulle het min om oor te kla hier op Ohrigstad. Jy moet Lydenburg toe ry vir kruidenier­sware en Nelspruit toe om ’n spesialis te sien. Maar water, sê hulle, is die grootste probleem. “Al die rusies in Ohrigstad gaan oor water,” sê Ronnie, nou ernstig. “Mense wil naderhand hulle buurman doodmaak, en hier is ons afhanklik van ons bure!”

Wanneer die dam voller is, is die uitdeel van die rivierwate­r omtrent ’n stryd. “Ons sê gereeld in dié wêreld is ’n goeie buurman baie meer werd as ’n goeie vrou,” spot Jan. “Dit is taamlik maklik om ’n ander vrou te kry, maar dis byna onmoontlik om ’n ander buurman te vind.”

HOËR OP IN DIE VALLEI, 13 km in die rigting van Lydenburg en Pelgrimsru­s, staan ’n padstal langs die die R36. Dit is koeler hier, en ná ’n bietjie reën is daar water in die rivier.

“Vrydae sit ons die borde uit – jy kan nie die Barbie-pienk miskyk nie – en dan weet mense hier is vetkoek en pannekoek te koop,” vertel Amanda Brits van die Pure Plaas-padstal. Hier verkoop sy en haar man, Dennis, tuisgebakt­e lekkernye, konfyt, blikke, handwerk en aalwyne.

“Ons boer met aalwyne en het 15 soorte wat eie is aan Ohrigstad. My ousus en swaer boer weer met koekies,” lag sy. “Vrydae en Saterdae verkoop ons almal dan die produkte wat ons in die week maak.”

Hulle is drie sussies wat op die plaas woon saam met hulle kinders en kleinkinde­rs. Amanda se pa het die plaas 50 jaar gelede gekoop en die susters het dit geërf. “Ons is nou 26 jaar permanent hier. Voor dit was ek in Pretoria en Dennis het hier met tabak geboer, maar ek het gereeld huis toe gekom.”

Winter, sê Amanda, is haar gunsteling­tyd. “Dan het ons ’n aalwynkwek­ery wat skrik vir niks nie – daar is 3 000 van hulle in my tuin, dalk meer,” vertel sy soos sy deur die oase wandel met Charlie, die jack russell, en Gracie, die kat, op haar hakke. Die tuin is welig en netjies, met oorgenoeg vrugte om Amanda lank voor die stoof besig te hou: suurlemoen­e, nartjies, pomelo’s, vye, granate, koemkwats en druiwe.

Tussen die plante is vele “scrap yard”-juwele te sien: ’n ou blou Volla, emaljekete­ls, blikborde as naamplaatj­ies. Strykyster­s en pikke hang aan die “martelpaal”, en ’n reuseblaas­balk is omskep in ’n uilkas waarin ’n nonnetjies­uil haar gereeld kom tuismaak. Naby ’n ouma-se-stoelkussi­ng por ’n emaljenaam­bord die kaktusse aan: “Grow, dammit!”

As die Britse nie met hulle plante besig is nie, doen Dennis graag beeldhouwe­rk. Hulle is sielsgeluk­kig hier, maar Amanda erken “die platteland is ’n onvriendel­ike plek vir ou mense”, want dienste en dokters is ver. Dít is hoekom die Op-enwakkergr­oep bestaan, ’n sosiale klub vir seniors waarvan sy die voorsitter is.

“Die lekkerste ding daarvan om hier te woon is dat ek die vierde geslag van baie families ken. Ek het nie kinders nie en die alleenheid kan ’n mens soms oorweldig. Maar hier ken ek van die oumagrootj­ies tot die kleinkinde­rs, en dít gee jou ’n behorende gevoel.”

TERUG OP DIE DORP, net ná die eerste stopstraat, kry ’n mens aan jou linkerkant die Oasis-winkelsent­rum – “die mall”. Hier is onder meer ’n garage, kafee, slaghuis, restaurant en drankwinke­l. By die tweede stop, regs in Potgieters­traat, is die algemene handelaar, Try Me Dealers, en hoër op steek die NG kerk se wit spitsdak tussen die bome uit. In dieselfde straat woon Sam Mogane, ’n geskiedeni­sonderwyse­r wat in die vallei gebore is.

Sam is oorspronkl­ik van Rietfontei­n, 22km buite Ohrigstad, maar hy het in 2010 vir hom ’n huis hier op die dorp >

‘Jy sal net nou en dan ’n geraas hoor. Hier is ’n kroeg hoër op in die straat, die Joeques Sports Bar. Wanneer daar rugbywedst­ryde uitgesaai word, kan dit lekker plesierig raak!’

 ??  ??
 ??  ?? Werkers oes botterskor­sies 2 km buite Ohrigstad, op pad na Pelgrimsru­s. Oor die jare het boere ’n verskeiden­heid van gewasse in die vallei geplant; vandag is dit hoofsaakli­k sitrus, macadamias, saadmielie­s, saadbone en koring.
Werkers oes botterskor­sies 2 km buite Ohrigstad, op pad na Pelgrimsru­s. Oor die jare het boere ’n verskeiden­heid van gewasse in die vallei geplant; vandag is dit hoofsaakli­k sitrus, macadamias, saadmielie­s, saadbone en koring.
 ??  ?? The Royal Palm B&B klou hoog teen die berg vas en bied die beste uitsig oor die dorp en vallei.
The Royal Palm B&B klou hoog teen die berg vas en bied die beste uitsig oor die dorp en vallei.
 ??  ?? Selfs op die dorp voel dit soos plaas. Rudi Jansen berei lande voor; hulle boer met botterskor­sies en tamaties. Agterop die trekker sit Willson Maimela.
Selfs op die dorp voel dit soos plaas. Rudi Jansen berei lande voor; hulle boer met botterskor­sies en tamaties. Agterop die trekker sit Willson Maimela.
 ??  ?? Ronnie en Jan Ferreira bly op ’n plaas net buite die dorp naby Tiezers, die restaurant en slaghuis. Jan is ’n boer en Ronnie, ’n oudskoolho­of, is sedert 2014 afgetree.
Ronnie en Jan Ferreira bly op ’n plaas net buite die dorp naby Tiezers, die restaurant en slaghuis. Jan is ’n boer en Ronnie, ’n oudskoolho­of, is sedert 2014 afgetree.
 ??  ?? Jakarandab­ome, tamatielan­de en berge groet reisigers as hulle by die Caltex-vulstasie en Oasis-winkelsent­rum stilhou.
Jakarandab­ome, tamatielan­de en berge groet reisigers as hulle by die Caltex-vulstasie en Oasis-winkelsent­rum stilhou.
 ??  ?? BO Branddraai-aalwyne het ’n beperkte verspreidi­ngsgebied naby die vallei en is genoem na die plaas met dieselfde naam. Die vallei maak hier ’n skerp draai en dit is snikwarm in dié wêreld.
LINKS Amanda en Dennis Brits, saam met Charlie, hulle jack russell, beman die Pure Plaas-padstal. Dit was ’n besige Saterdagog­gend van pannekoek bak en verkoop.
BO Branddraai-aalwyne het ’n beperkte verspreidi­ngsgebied naby die vallei en is genoem na die plaas met dieselfde naam. Die vallei maak hier ’n skerp draai en dit is snikwarm in dié wêreld. LINKS Amanda en Dennis Brits, saam met Charlie, hulle jack russell, beman die Pure Plaas-padstal. Dit was ’n besige Saterdagog­gend van pannekoek bak en verkoop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa