Weg! Platteland

Hulle groei vinnig en word nie veel gepla deur peste nie... waarvoor wag jy?

Hulle groei vinnig, word nie eintlik deur peste gepla nie, is propvol geur én is boonop goed vir jou én jou tuin... Nou weet jy die tyd het aangebreek om vanjaar nog beet in jou tuin te saai.

- TEKS JOHAN VAN ZYL

Soms smaak vars beet presies soos ’n happie skoon, soet aarde. Dié aardsheid, saam met die hoë suikerinho­ud (hoër as dié van wortels en mielies) en die gekonsentr­eerde edelsteenk­leur is pure plesier, maar terselfder­tyd ook die groentesoo­rt se ondergang.

Só stel Nigel Slater dit sy kookboek Tender: Volume 1: “It is sod’s law that beetroot should marry so happily with the virginal white of goat’s cheeses, mascarpone and thick puddles of crème fraîche, none of whose looks are improved by a pink stain curdling the outer edge. I make a habit of mixing the scarlet roots with dairy ingredient­s or mayonnaise only at the very last minute, often passing a bowl of sour cream and chopped dill around for everyone to anoint their own salad at the table.”

Glo dit of nie, maar beet is die getemde weergawe van wilde seebeet, wat aan die kus van die Middelland­se See gegroei het. Die Grieke en Romeine het dit gekweek en die blare as kruie gebruik in bredies; die uitgesweld­e knolle is eerder vir medisinale doeleindes aangewend as in die kombuis, veral in die vorm van beetsap, wat glo die niere stimuleer en reinig en ook help om hoof- en tandpyn te verlig.

Beta vulgaris word dikwels onderskat – in die kombuis én groentetui­n – maar dit is ’n snelgroeie­nde, veelsydige knolgroent­e wat goed werk in klein tuine of selfs potte. Die meeste soorte het ’n dieprooi kleur, maar ’n mens sien al hoe meer in Suid-afrika ook wit, oranje, geel, pers en gestreepte variëteite soos Chioggia. Maar pasop, want die beetfamili­e word maklik deur die wind kruisbestu­if as jy hulle nie eenkant plant of bedek nie.

Sagte jong beetblare kan in slaaie, roerbraaig­eregte, bredies en sop gebruik word, óf kook dit soos jy spinasie sal kook (los net genoeg blare sodat die plant kos het). Die grootste attraksie – die robynrooi uitgesweld­e wortel – word gewoonlik in die skil gekook tot dit sag is, maar is ook heerlik as jy dit rooster óf rou rasper en dan eet.

Beet bevat heelwat magnesium, vitamien C, foliensuur en kalium – en in die tuin verbeter dit nie net die grond en kompos nie, maar bou ook minerale op (veral magnesium). >

Praktiese sake

Die regte plek en grond In die algemeen vaar beet die beste in ’n koeler klimaat. – in warm weer is hulle geneig om te vinnig saad te skiet, veral as die grond nie nat gehou word nie. Maar terselfder­tyd soek hulle volson met grond wat goed dreineer en met beenmeel verryk is (voor planttyd). Moenie beet in grond met vars mis saai nie (en ook nie saailinge daarin uitplant nie) – dit kan die wortels laat vurk. Beet kan in potte gekweek word mits hulle minstens 30 cm diep is.

Die regte tyd Volgens Jane’s Delicious A–Z of Vegetables is Augustus tot Oktober en Januarie tot Maart die beste tye om beet in Gauteng, die Vrystaatse hoëveld en Limpopo te saai. Augustus tot Oktober en Februarie-maart is die beste tyd in die westelike deel van die Vrystaat, die Noord-kaap en Noordwes, terwyl tuiniers in die Kwazulu-natalse Middelland van Augustus tot April kan saai. Julie tot Februarie is ’n goeie tyd in die Oos-kaap en Klein-karoo, terwyl Wes-kapenaars van Julie tot November en weer van Februarie tot April kan saai. In Mpumalanga en die Kwazulunat­alse laeveld en kusgebiede moet jy van Februarie tot Julie saai.

Plant dit só Saai die saad ongeveer 2 cm diep en 4 cm uitmekaar met 30 cm tussen die rye. Jy kan beet selfs in saadbakkie­s saai – anders as baie ander wortelgroe­nte is hulle min gepla as jy hulle uitplant (al vereistes is dat dit ’n koel dag moet wees en die saailinge nog klein). Met genoeg water sal die saad binne 5-15 dae ontkiem. Dun die plantjies uit tot 10 cm uitmekaar wanneer hulle 7 cm hoog staan om gesonde wortelvorm­ing aan te help.

Versorging en water Lei die plante goed nat, veral in droë weer, om te keer dat hulle te vroeg saad skiet of die wortels vurk óf dat die vleis taai en draderig word. ’n Dik deklaag sal help om vog te behou en sommer ook onkruid onderdruk. (Trek gereeld onkruid uit, veral in die vroeë groeistadi­ums, want beet hou nie van mededinger­s nie.)

Goeie en slegte metgeselle Beet vaar goed saam met blaarslaai, groenboont­jies, uie, knoffel en alle lede van die koolfamili­e (Brassica). Slegte metgeselle is rankboontj­ies en mosterd.

Peste en probleme Beet word nie eintlik gepla deur peste nie, maar snywurm, voëls, slakke en naakslakke sal dalk

’n hap vat, veral as die plantjies klein is.

Dis oestyd!

Oes die knolle wanneer hulle 2½-5 cm in deursnee is – ongeveer 6-12 weke nadat hulle gesaai is. Jane Griffiths sê jy moet dadelik die blare afdraai, anders gaan hulle steeds voedingsto­wwe uit die wortels opneem. Bêre die wortels op ’n donker plek met goeie lugvloei en ’n temperatuu­r van 4 ºc, – só sal dit vir etlike weke hou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO Organiese wit beet smaak soeter en minder aards as die rooi variëteite.
HEEL BO ‘Chioggia’-beet, wat in Engels ook candy-stripe of candy-cane beetroot genoem word, is ’n Italiaanse erfenisvar­iëteit wat bekend is vir sy konsentrie­se sirkels.
BO Organiese wit beet smaak soeter en minder aards as die rooi variëteite. HEEL BO ‘Chioggia’-beet, wat in Engels ook candy-stripe of candy-cane beetroot genoem word, is ’n Italiaanse erfenisvar­iëteit wat bekend is vir sy konsentrie­se sirkels.
 ??  ?? Maak seker jou beetplante het genoeg plek om te groei – as hulle 7 cm hoog is, kan jy hulle uitdun tot 10 cm uitmekaar in die ry.
Maak seker jou beetplante het genoeg plek om te groei – as hulle 7 cm hoog is, kan jy hulle uitdun tot 10 cm uitmekaar in die ry.
 ??  ?? Jy kan beet van saad kweek – die beste is om dit direk in die grond te saai, maar hulle sal ook goed vaar in saadbakkie­s.
Jy kan beet van saad kweek – die beste is om dit direk in die grond te saai, maar hulle sal ook goed vaar in saadbakkie­s.
 ??  ?? As jy beet wil oes, trek liggies aan die stingels terwyl jy die knol met ’n tuinvurkie van onder af opdruk.
As jy beet wil oes, trek liggies aan die stingels terwyl jy die knol met ’n tuinvurkie van onder af opdruk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa