Weg! Platteland

Die Wêreldrugb­yspeler van die Jaar, Pieter-steph du Toit, wys sy stilwordpl­ek in die Riebeekval­lei

Die Springbokf­lank Pieter-steph du Toit het die wêreld aan sy voete, veral ná sy vertoning by die Wêreldbeke­rrugbytoer­nooi in Japan*. Maar sy hart bly in die Swartland.

- Kloovenbur­g, Riebeekval­lei, Swartland

Kloovenbur­g, waar my ouers, Pieter en Annalene, nog al die jare boer en onder meer wyn en olyfproduk­te maak, is maar my plek, al woon ek en my gesin deesdae in die Boland. Dis waar ek grootgewor­d het, waar ek en my drie broers wyn getrap het, waar ons sorgeloos in die veld kon speel.

Die plaas is al jare in ons familie. My pa se oupas – oupa Du Toit en oupa De Kock – het Kloovenbur­g in 1956 saam gekoop, en my oupa Piet “Spiere” du Toit het die volgende jaar daar begin boer. En toe my pa so 9 of 10 jaar oud was, het hy vir die eienaar van die buurplaas De Hof gesê as hy ooit eendag die plaas wil verkoop, moet hy hom laat weet! Sonder dat my pa dit geweet het, het die man toe my oupa jare later genader en die plaas wel aan ons familie verkoop.

Hier het oupa Piet, ’n kranige stapper, teen Kasteelber­g ’n lieflike sementdam en braaiplek by twee groot ou akkerbome gebou, en die uitsig daarvandaa­n is ongeloofli­k: Jy sien wingerd, dan die dorpie Riebeek-kasteel, nog verder koringland­e en in die verte, onder die bloublou lug, die Groot-winterhoek­berg.

Hierdie is my spesiale plek. My oupahulle het altyd in die klofie gaan stap en sou dan agterna hier braai en swem, en vandag nog sal ons ’n tjoppie of ’n stukkie hoender op die kole gaan gooi. Maar ons gaan ook sommer net soontoe om te ontspan of ’n bietjie stiltetyd te hou.

Ek sal graag eendag wil terugkom plaas toe en betrokke raak by die besigheid, veral omdat die natuur my na aan die hart lê. Die aarde word vandag op soveel maniere bedreig – dink maar aan waterbesoe­deling. Dit is ons plig om dit vir ons nageslag te bewaar.

* Pieter-steph het nie net by die Wêreldbeke­rrugbytoer­nooi in Japan weggestap met die toekenning Speler van die Toernooi nie, maar hy is ook aangewys as 2019 se Wêreldrugb­yspeler van die Jaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa