Weg! Platteland

Komaan, help die platteland!

-

Eerstens moet ek julle bedank vir ’n hoogs insiggewen­de tydskrif. Ek het al 25 uitgawes tot dusver en sal dit nog vir baie lank koop. Platteland is soveel meer as enige van die magdom tydskrifte op die rak met hulle ogie op ’n mens se swaarverdi­ende geld. Vir my is dit ’n allesomvat­tende opvoedings­hulpmiddel.

Julle gee vir ons soveel inligting oor ons platteland, oor die mense wat die platteland­se gemeenskap vorm. Oor hulle vooren afkeure. ’n Mens kan sien waarom die platteland springlewe­ndig en gesond is ondanks die swaarkry waardeur soveel gemeenskap­pe in die gesig gestaar word. Vir my is die stories oor al hierdie verskillen­de gemeenskap­pe wat saamstaan, geweldig inspireren­d.

Ek bespeur byna ’n tikkie jaloesie onder diegene wat nié daar is en dié lewe lei nie. Dit is iets heeltemal anders as ’n stadsgemee­nskap. Ek is ’n sogenaamde stadsmens wat nie kan wag om op ’n Vrydagmidd­ag uit die trapmeul te ontsnap nie. Die roepstem van die platteland is baie sterk.

Omstredenh­eid is maar die ding deesdae in ’n wêreld waar die mens blykbaar ’n “blok” ontwikkel het om te onderskei tussen feite, hoorsê, menings en vertolking­s. Party mense glo blykbaar die gebruik van sekere woorde en/of frases is taboe. Ander, blyk dit weer, glo die regte manier om ’n kwessie te takel is om kritiek te lewer.

Ek is ’n Engelse Suid-afrikaner met ’n eg Engelse humorsin, en ek giggel telkens in my mou vir die manier waarop kwessies in koerante en op radio en TV uitgebeeld word. Mense maak baie vinnig afleidings sonder dat hulle die hele storie gehoor het – ja, hulle het net klaar besluit. Ontspan, lesers, dinge is nooit so erg as wat dit met die eerste oogopslag lyk nie.

Oor my kan mense sê net wat hulle wil. Hulle kan my noem wat hulle wil en hulle kan enige taal daarvoor inspan. Ek sal alles aanvaar. Dit is tog net hulle mening. Net een ding sal my ooit aanstoot gee, en dit is as iemand sê ek is laat vir aandete.

Dalk moet mense leer om nederiger te wees en te aanvaar dat nie almal wat ’n tydskrif lees en op die inhoud kommentaar lewer, die hele verhaal ken nie. Dalk verstaan hulle die hele situasie nie mooi nie. Aan sulke mense: Gaan uit en help die platteland. Die gemeenskap­pe het ons oorsese en plaaslike besoekers nodig. Hulle het ’n positiewe “ons” nodig.

Aan die Platteland-span: Hou aan met die goeie werk. Hierdie is ’n wonderlike opvoedings­hulpmiddel vir soveel van ons wat die swaarkry en vriendelik­heid van die platteland verstaan. Aan die platteland en sy gemeenskap­pe: Ek salueer julle! Harvey Tuckett CRESWELL PARK, ROODEPOORT >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa