Weg! Platteland

PERFEKTE KAROOPRENT­JIE

-

Ons het die afgelope Desemberva­kansie vir Ouma op Mosselbaai gaan kuier en soos altyd soveel as moontlik van elke dag probeer maak. Só het my swaer, Pieter Botha, ons twee dae Sutherland toe geneem om sterre te gaan kyk en ’n bietjie van die mooi uitgestrek­te Karoo te verken.

Pieter het my vertel van die mooi dorpie Merweville en ons het afgespreek om daar ’n draai te gaan maak op ons pad terug van Sutherland na Mosselbaai.

Ná die wonderlike sterre-ekspedisie ry ons Merweville binne. Op een erf sien ek toe die agterkant van ’n motorwrak en gaan klop aan om te hoor of ek dit van voor af mag afneem. Ek was aangenaam verras toe ek die voorkant sien: ’n ou verroeste Volla! Die geluk was aan my kant, want reg agter die wrakkie staan ’n mooi windpomp – wat ek óók nie gesien het nie. Dit het hierdie mooi Karoofoto perfek afgerond.

Vir ’n vryskutfot­ograaf soos ek was dit die diamantfot­o van die vakansie! Ons pragtige land het voorwaar skatte wat wag om ontdek te word! Johan Jooste, PRETORIA

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa