Weg! Platteland

Ek kyk nou anders na spinnekopp­e

-

Ek blaai in die vakansie, so met die leeglê, weer deur my Platteland van Herfs 2019 en lees die artikel oor Spinnekopp­e (bl. 73).

Dit is ’n pragtige artikel met die mooiste foto’s. Daar is soveel interessan­te feite, ek het dit dadelik vir my man en dogter ook gegee om te lees. Ek en my gesin sal van nou af seker maak ons spuit nie onnodig gif nie; die opmerking oor insekgif wat ’n spinnekop onnodig lank laat ly, was baie insiggewen­d.

Ek het altyd groot spinnekopp­e versigtig uitgeneem, maar om die een of ander rede is langbeensp­innekoppe sommer met die stofsuier opgesuig. Jammer, dit is ’n groot fout! Van nou af sal elke enetjie versigtig hanteer word.

Dankie vir die uitstekend­e en leersame artikel. Yolanda Burger, BOKSBURG

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa