Weg! Platteland

Ervaar die swier van Swakopmund

Die meeste reise in Namibië lei na die kus, waar die Atlantiese Oseaan die windverwaa­ide duine van die Namibwoest­yn ’n kus gee. Dit is ‘n skouspelag­tige gesig vir enigiemand wat gelukkig genoeg is om hier voet aan wal te sit.

- TEKS ANNELIEN ROBBERTS

Namibië sal jou dalk verras met sy ryke geskiedeni­s – en dit sluit veel meer in as die wêreld se oudste woestyn. Daardie eerste keer wat jy Swakopmund sien, gáán jy bekoor word deur die ouwêreldse sjarme van die plek. Danksy die Duitse argitektuu­r voel dit asof jy deur die strate van ’n Beierse dorpie stap. Natuurlik sonder die sneeu – wat in ons boekies ’n groot pluspunt is.

Swakopmund is in 1892 deur die Duitsers gestig. Interessan­t genoeg is die eerste burgerlike huise vooraf in Duitsland vervaardig en toe per skip na Afrika gebring, wat verklaar hoekom die bousels vakwerkhui­se is.

Swakopmund was voorheen die vernaamste hawe van die land, maar dit het ’n bekoorlike vakansiedo­rp geword toe die internasio­nale hawe gedurende die Suid-afrikaanse besetting verskuif is na die naburige Walvisbaai, ’n nywerheids­dorp.

Maar nou vir iets prettigers: stewelbier­e. Ja, ons praat hier van ’n glasstewel vol bier. As die skoen jou pas... maak hom vol koue bier! En terwyl jy jou glas lig, moenie vergeet om hartlik “Prost” uit te roep nie. Dis nou as jy die gewigtige glas – of is dit ’n beker? – van die tafel af opgelig kry. By jou tapbier kan jy dan heerlik vullende Duitse kos geniet. Die dorp het geen tekort aan puik eetplekke nie – en jy kan besluit of jy lus voel vir vars seekos of topgehalte Namibiese beesvleis. Vegetaries­e opsies is daar ook – besluit dus op ’n plek wat elke lid van die gesin tevrede sal stel. >

SWAKOPMUND IS BEKEND as die land se polspunt. Een van die Namibiese kus se grootste attraksies is natuurlik hengel – hier is volop geleenthed­e. Plaaslike én internasio­nale reisigers stroom in die somermaand­e na die kus toe, met Desember die spitsseiso­en. Tog is daar heeljaar soveel te doen: Voel jy lus om tussen dolfyne en robbe kajak te ry? Of om uit ’n vliegtuig te spring? Dalk hoog bo die manjifieke natuurskoo­n te skermsweef? Sandplankr­y teen van die hoogste duine af? Hoe klink ’n boeiende toer van Sandwich Harbour en ’n duinryavon­tuur? As jy eers jou bewende bene wil laat rustig word ná al die aksie, gaan op ’n opvoedkund­ige woestyntoe­r en ontdek die ongeloofli­kste diere wat die Namib hulle tuiste noem. Gaan proe bier by een van die vele brouerye wat die afgelope jare soos paddastoel­e opgeskiet het, of probeer van die plaaslike handgemaak­te jenewer. Op kouer dae kan jy ’n koffieproe doen om warm te word.

’n Staptog deur dié dorp is verruklik, en alle paaie lei na The Delight Swakopmund. Dié moderne hotel is ontwikkel deur een van die voorste name in die Namibiese toerismebe­dryf: Gondwana Collection Namibia. Om in The Delight oor te bly is op sigself ’n ervaring. Die oomblik wanneer jy by ontvangs deur glimlagge begroet word, besef jy hierdie is Namibiese gasvryheid op sy beste. Die stylvolle interieur is omtrent iets vir die oog, en die “We are here”teken

met die kaart van Afrika is ’n baie besliste Instagram-foto – of as jy van die ouer garde is, ’n poskaartfo­to.

Die spyskaart vir drankies by die kroeg in die ontvangsge­deelte staan geen tree terug vir enige van die vele kroeë op die dorp nie. Dis ’n gawe plek om te kuier terwyl jy jou avonture vir die volgende paar dae beplan. Vra ’n personeell­id by ontvangs om jou met jou bespreking­s te help – of selfs vir jou plek te bespreek by ’n restaurant.

Die kamers met hulle blou, groen en rooi dekor is heerlik ruim. Buiten die gerieflike beddegoed is daar ook al die ander bederfies waarvoor ’n mens kan vra – dinge soos ’n haardroër, ’n tee-en-koffiestas­ie met ’n Nespresso-masjien en koekies, ’n platskerm-tv en ’n skelrooi yskassie.

Soos een reisiger gesê het: “The Delight is besonders. Neem byvoorbeel­d die yskas: Dis nie net ’n yskas nie; hy praat met jou.”

Die stewige ontbytbuff­et wat kreun onder heerlike vars kos is ’n groot gunsteling onder gaste. Geniet die tradisione­le spek, wors en eiers; probeer die jogurt en muesli; of eet soos ’n Fransman en geniet vars gebak, konfyte en verskillen­de soorte kaas. Óf jy kan weer soos ’n kind voel en jou eie wafel met roomys versier met die kleurryke lekkergoed wat uitgepak word. Maar die groot hoogtepunt is die oesters, vars uit die see, met

’n glas yskoue vonkelwyn daarby.

The Delight is ’n hotel met karakter, een wat ’n storie vertel – en dit word met hart en siel met gaste gedeel. Gaan jy jou eerste of volgende Namibiese storie hier ervaar?

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa