Weg! Platteland

Kaapse Camino kry nóg twee bene

-

Die Cape Camino-pelgrimsro­ete, opgedeel in vier stukke wat uiteindeli­k sowat 850 km sal beslaan, bestaan reeds sedert 2015 toe die vierde deel, die sirkelroet­e van 160 km in die Kaapse Skiereilan­d, bekend gestel is. Nou het die heel eerste groep pelgrims die eerste en tweede deel van altesame 222 km, onderskeid­elik bekend as die Limietberg- en Bergrivier­seksie, voltooi en Platteland het saam met hulle middagete geniet by Die Rooi Granaat op Aurora toe hulle klaarmaak. Maak ’n draai op die webwerf om uit te vind hoe jy die roete op spesifieke datums in ’n groep of op jou eie kan stap.

Kyk gerus ’n kort Youtube-video oor die bekendstel­ling van seksie 1 en 2 wat een van die stappers, die Nederlande­r Sandra Korse, gemaak het. Tik “Cape Camino launch of sections 1&2” in by

youtube.com.

KONTAK capecamino.co.za peggy@capecamino.co.za of gabrielle@capecamino.co.za 083 997 7404 (Peggy) of 084 844 7996 (Gabrielle)

Heel agter is Peggy Coetzee-andrew van Kaapstad en haar ma, Gabrielle Andrew van Hopefield, wat die bestuur en bemarking van die Cape Camino behartig. By hulle is die eerste groep pelgrims wat die Limietberg- en Bergrivier-seksie voltooi het: Van links is Lee Zoeller van Kalkbaai, Jolene Nell van Windhoek, Sandra Korse van Nederland, Colin Gale van Nuweland, Naadir Vorajee van Durban en Chantel Barnard, Lee se verloofde, ook van Kalkbaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa